Vliegdekskip Charles De Gaulle

Die Charles de Gaulle is 'n Franse kernaangedrewe vliegdekskip.

Dit is vernoem na die Franse president en generaal Charles de Gaulle, en is die vlagskip van die Franse vloot (Marine Nationale). Die skip is die tiende Franse vliegdekskip, die eerste Franse kernkragaangedrewe oppervlakvaartuig, en die enigste kernkragaangedrewe vliegdekskip wat buite die Amerikaanse Vloot voltooi is.

Charles de Gaulle (vliegdekskip)
Vliegdekskip Charles De Gaulle
Die Charles de Gaulle in die Atlantiese Oseaan, 2019.
Naam FS Charles de Gaulle
Klas en tipe Franse vliegdekskip
Besteldatum 3 Februarie 1986
Bouers Naval Group (DCAN)
Gebruik deur Vlag van Frankryk Franse Vloot
Voorganger Clemenceau
Opvolger PA2 (gekanselleer) PANG (beplan)
Boudatum 1987–2000
Koste € 3 miljard (2001)
Aantal beplan 1
Aantal neergelê 1
Datum neergelê 14 April 1989
Te water lating 7 Mei 1994
Aantal voltooi 1
In diens gestel 18 Mei 2001
Onttrek {{{onttrek}}}
In gebruik 1
Lot In aktiewe diens
Tuishawe Toulon, Frankryk
Bynaam CDG
Verplasing 42 500 lang ton (volle vrag)
Lengte 261,5 m
Wydte 64,36 m (vliegdek)
31,5 m (waterlyn)
Diepgang 9,43 m
Spoed 27 kn (50 km/h)
Bemanning 1 350 (skeeps) + 600 (lugvleuel)

Konstruksie en ingebruikneming

Die planne om die Charles de Gaulle te bou, dateer uit die middel-1970's. Konstruksie het in April 1989 begin by Direction des constructions et armes navales (DCAN) in Brest. Die skip is in 2001 in gebruik geneem as plaasvervanger vir die vliegdekskepe Foch en Clemenceau. Die Charles de Gaulle is die tweede grootste vlootvaartuig in Europa na die Russiese vliegdekskip ''Admiral Koeznetsof''. Die skip, wat in Mei 1994 voltooi is, was die grootste oorlogskip wat in Wes-Europa gebou is sedert die Britse Vloot se HMS Ark Royal in die vyftigerjare.

Die konstruksiewerk het vinnig agtergeraak, want die projek het 'n tekort aan befondsing beleef, wat vererger is deur die ekonomiese resessie in die vroeë negentigerjare. Die totale koste vir die vaartuig het € 3 miljard beloop. Die werk aan die skip is vier keer heeltemal opgeskort: 1990, 1991, 1993 en 1995.

Tydens die eerste toetse in Januarie 1999 het dit duidelik geword dat die dek verleng moes word sodat die E-2 Hawkeyes ook daarop kon land. Dit het die skip 'n slegte naam onder die Franse bevolking gegee. Dit het nie verbeter toe die linkerskroef in die nag van 9 op 10 November 2000 op pad na Norfolk in die Verenigde State onklaar geraak het nie. Die skip moes vir herstelwerk na Toulon terugdraai. Toe ondersoek aan die lig bring dat die ekstra skroewe dieselfde struktuurfout het, is daar besluit om skroewe van die Foch en Clemenceau te gebruik . Dit het die skip se maksimum spoed van 27 knope tot 25 knope verminder. Die Charles de Gaulle is op 18 Mei 2001 amptelik in gebruik geneem, vyf jaar na die verwagte sperdatum. Sedertdien het die skip aan verskeie operasies deelgeneem.

In 2017 en 2018 is die skip vir 18 maande uit diens geneem vir 'n opknappingswerk van 18 maande in Toulon teen 'n koste van 1,3 miljard euro. Hierna moet die skip minstens tot 2040 kan diens lewer.

Aanboordtoerusting

Die skip het 'n aanvulling van Dassault Rafale M- en E-2 Hawkeye-vliegtuie, AS365F Dauphin Pedro, EC725 Caracal en AS532 Cougar-helikopters vir soek-en-reddingsoperasies na gevegte, asook moderne elektronika en Aster-missiele. Sy is 'n CATOBAR-tipe draer wat twee 75 meter C13-3 stoomkatapulte van 'n korter weergawe as wat op die Amerikaanse Nimitz-klas vliegdekskepe geïnstalleer is, een katapult aan die boeg en een aan die voorkant van die landingsarea. Teen Julie 2021 is Charles de Gaulle die enigste nie-Amerikaanse vaartuig met 'n katapult-lanseerstelsel wat gebruik van F/A-18E/F Super Hornets en C-2 Greyhounds van die Amerikaanse Vloot toelaat.

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wiki vertaal.

Tags:

Amerikaanse VlootCharles de GaulleFrankrykKernkragSkeepsaandrywingVliegdekskip

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Rassisme in AfrikaSwawelSatellietVan Pletzen (musiekgroep)MenseregtedagAfrikaanse woordelys en spelreëlsAfrikaanse TaalmonumentNjalaStilleweVlakvarkLa NiñaGemeenskapsorganisasieEugenetikaDierPubiese hareGeografie van Suid-AfrikaJohan BadenhorstMonopolieSiekteKoue OorlogElzette MaarschalkLys van medisinale kruieMaselsBart SimpsonWitkruisarendJLongEskomOekraïneSlangMusiekSarah Baartman-distriksmunisipaliteitVlermuisHoër Landbouskool BolandOntkiemingLinuxMetamfetamienKroonkiewietVliegtuigWaarheid-en-versoeningskommissieKonsentrasiekampLys van bekende Suid-AfrikanersEnsiklopedieJodeMiddeloorontstekingVerkragtingAt BothaDoziKaapstadJonathan JansenStaalGewone mossieAnatoliëAfrikaanse taalleerChirurgieTolla van der MerweLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Vlag van AfghanistanDie Real Housewives van die WynlandeDiarreeTrappe van vergelykingUilFanny Louise BernthIdioomSkarlakenkoorsBoor (element)SoogdierSemenKoorsblaarHoofmeisieKarlien van JaarsveldCovid-19-pandemieAsemhalingLys van Afrikaanse skrywers🡆 More