Roggeveld

Die Roggeveld is ’n hoogliggende streek in die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap wat min of meer strek van die Komsbergreeks in die distrik Sutherland tot in die omgewing van die nedersetting Middelpos in die distrik Calvinia.

Roggeveld
Sutherland is die enigste dorp in die Roggeveld van enige noemenswaardige grootte.
Roggeveld
'n Sanbewoner van die Roggeveld aan die Kaap die Goeie Hoop, deur Johannes Schemaker, omstreeks 1776-'77.

Die eerste trekboere het hulle vroeg in die 18de eeu in dié gebied kom vestig en dit na ’n soort wilde rog, Secale africanum, genoem. In ’n stadium is dié soort gras ernstig bedreig, maar danksy die weikampstelsel en grondbewaring is dit in oorvloed hervestig. Die gemiddelde reënval is 250 mm per jaar, maar op sommige plekke 330 tot 500 mm. Die winters is bitter koud.

Die eerste persoon by wie ’n vermelding van die streeknaam Roggeveld voorkom, is die Sweedse reisiger en plantkundige Thunberg in 1774. Volgens hom is die streek so genoem "na ’n soort rog wat hier volop tussen die bosse wild groei". Hinrich Lichtenstein, in sy Travels in Southern Africa, staaf dié oorsprong van die naam: "The truth is, that the name is taken from a species of grass which grows very much among clefts, resembling rye, and which the colonists call wild rye."

Bronne

Verwysings

Sien ook

Tags:

CalviniaKomsbergMiddelposNoord-KaapSuid-AfrikaSutherland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Al-FatihaHeidelberg, GautengDigtheidRooikatWiki CommonsHandré PollardLandbouHandelsmerkDawidPlae van EgipteMobutu Sese SekoCheslin KolbeTussenwerpselGeletterdheidMidde-OosteHartseerTuberkuloseGroot-VisrivierRassismeWet op NaturellengrondSteenkool in Suid-AfrikaSelfmoordAgtervoegselVergelykings (taalkunde)SikloonKatWikipediaSlag van Cuito CuanavaleHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalMotReg tot ‘n gesonde omgewingIsraelBreyten BreytenbachWolkFraktuurBelastingBloutongsiekteVlag van Suid-AfrikaPrimêre sektor van die ekonomieAppel (sanger)PriemgetalSean CombsSokkerYouTubeMeeueHerfsGlobaliseringWatersuiweringMensUitwerking van klimaatsveranderingBurgerregteCarike KeuzenkampMierDie ontstaan van die dramaHeuningbyAardeGrondwetMiskruierKewerRassisme in AfrikaKonsentrasiekampBesoedelingNavorsingAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidReënKoorsblaarAngssteuringKolorektale kankerArmoedeverligtingLidwoordSwartrenosterMenslike seksuele gedragErosietipesMieliestronkMusiekKarretjiemenseSharpeville-slagting🡆 More