Die Republic F-105 Thunderchief is 'n taktiese vegterbomwerpervliegtuig wat gebruik is deur die Amerikaanse Lugmag.
Die vliegtuig kon vinniger as Mach-2 vlieg en word beskou as een van die beste eenmotorige, straalaangedrewe gevegsvliegtuie ooit gebou. Dit is ook een van die grootste enkelsitplekvegvliegtuie ooit gebou. Dit is ontwerp om die Republic F-84 Thunderstreak te vervang. Die Amerikaanse Lugmag was beïndruk met die ontwerp en bestel twee prototipes. Die eerste prototipe het sy nooiensvlug in Oktober 1955 voltooi.
Republic F-105 Thunderchief | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig/bomwerper |
Vervaardiger | Republic Aviation |
Nooiensvlug | 22 Oktober 1955 |
Hoofgebruiker | United States Army Air Forces |
Vervaardig | 1955 - 1964 |
Aantal gebou | 833 |
Op daardie stadium van vliegtuigontwikkeling het ware jagtervegvliegtuie skaarser begin raak, die meeste kon ook bomme dra. Die Thunderchief het oor 'n groot interne bomrak beskik en kon 5 443 kg se bomme dra. Die motor se luginlate is langs die romp by die vlerkhegpunte aan die romp. Model F-105 is op 27 Mei 1958 in diens gestel maar dit was eers model F-105B wat werklik operasioneel uitgerol is. Die Amerikaanse Lugmag in Europa het op 12 Mei 1961 model F-105D ontvang, dit was ook die eerste model wat in alleweerstoestande kon vlieg. Die F-105D se neus was langer as die F-105B s'n omrede dit 'n groter radar gehad het. Die F-105 het goed vertoon in Viëtnam en was regdeur die konflik in gebruik. Meer as die helfte van die 833 gebou is oor Viëtnam vernietig.
Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motors | 1 |
Tipe motor | Straalmotor |
Vervaardiger | Pratt & Whitney J75-P-19W turbostraal met nabrander |
Kraglewering per motor | 111 113 kg stukrag |
Vlerkspan | 10,59 m |
Lengte | 19,61 m |
Hoogte | 5,97 m |
Vlerkoppervlakte | 35,77 m2 |
Maksimum opstygmassa | 23 967 kg |
Maksimum snelheid | 2 237 km/h |
Operasionele hoogte | 12 560 |
Togafstand | 1 480 km |
Klimvermoë | 10 485m per minuut |
Bewapening | Een 20 mm kanon AIM-9 Sidewinder lug-tot-lug missiele tot 6 358 kg se bomme |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Republic F-105 Thunderchief, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.