Pseudepigraaf

’n Pseudepigraaf (van die Griekse ψευδής, pseudḗs, vals, en ἐπιγραφή, epigraphḗ, naam, inskripsie of toeskrywing; saamgevoeg beteken dit dus vals opskrif of titel) dui daarop dat ’n boek of ander geskrif onder ’n vals naam of skuilnaam geskryf is.

Baie geskrifte, veral uit die oudheid, word aan ’n sekere persoon toegeskryf, terwyl iemand anders dit eintlik geskryf het.

Dikwels beteken dit ’n geskrif is onder die naam van ’n gesaghebbende figuur geskryf om dit groter gesag te gee. Soms word ’n werk deur ander per ongeluk aan ’n sekere persoon toegeskryf. Die aanduiding sê niks oor die inhoud van die werk nie.

Ou Testament

In verband met die Hebreeuse Bybel is pseudepigrawe gewoonlik Joodse godsdiensgeskrifte van tussen omstreeks 200 v.C. en 200 n.C., en hulle is nie in die Bybelse kanon opgeneem nie. Hierdie werke is nie almal letterlik pseudepigrafies nie en word onderskei van die apokriewe boeke van die Ou Testament. Voorbeelde hiervan is:

Nuwe Testament

Vlakke van egtheid

Wetenskaplikes het sewe vlakke van outentisiteit geïdentifiseer waarin dokumente wat aan ’n bepaalde skrywer toegeskryf word, geplaas kan word – van outentiek tot vervalsing:

  1. Letterlike outerskap: ’n Kerkleier wat ’n dokument in sy eie handskrif geskryf het;
  2. Diktering: ’n Kerkleier wat ’n dokument woord vir woord aan ’n sekretaris dikteer het;
  3. Gedelegeerde outeurskap: ’n Kerkleier wat die kernboodskap of bedoeling aan ’n dissipel of sekretaris beskryf het;
  4. Postume outeurskap: Die dissipel van ’n afgestorwe kerkleier het ’n werk voltooi wat hy wou skryf en dit in sy naam rondgestuur;
  5. Leerlingouteurskap: ’n Kerkleier het gesterf en dissipels aangestel om namens hom te praat en werke in sy naam te skryf;
  6. Pseudepigrafie as eerbetoon: n Kerkleier het gesterf en sy bewonderaars wou aan hom eer betoon deur werke in sy naam te skryf, in die opregte oortuiging dat hulle die verantwoordelike draers van sy tradisie is;
  7. Pseudepigrafie as vervalsing: ’n Kerkleier het so baie invloed gehad dat mense sy nalatenskap wou gebruik om werke in sy naam te skryf waarin hulle hulle eie idees propageer.

Kanonieke pseudepigrawe

Die meeste van die werke in die kanon van die Nuwe Testament is pseudepigrafies. Die skrywers van die vier evangelies noem byvoorbeeld nie ’n skrywer nie, en hulle is in die eeue ná hulle ontstaan toegeskryf aan die "evangeliste" Matteus, Markus, Lukas en Johannes.

Die outeurskap van die helfte van die 14 briewe van Paulus word betwis.

Ook die sogenaamde "algemene briewe" is vermoedelik pseudepigrafies:

Ook van Die Openbaring aan Johannes word algemeen aanvaar dat dit pseudepigrafies is. Die boek noem Johannes as skrywer, tradisioneel beskou as die apostel Johannes.

Apokriewe pseudepigrawe

Daaar is ook pseudepigrawe uit die tydperk 100 tot 300 n.C. Hulle word meestal aangedui met die term apokriewe boeke van die Nuwe Testament. Voorbeelde is:

Verwysings

Skakels

Tags:

Pseudepigraaf Ou TestamentPseudepigraaf Nuwe TestamentPseudepigraaf VerwysingsPseudepigraaf SkakelsPseudepigraafGrieksSkuilnaam

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

NicaraguaSirkelKolonoskopieEpilepsieJagluiperdBelastingMielieTegnologieParasetamolSpekboomCSSRuslandKatarBroodwortelKriekBruin menseDissipel vir wie Jesus baie lief wasChris BlignautInternetLys van elemente volgens simboolSitrusVergelyking (wiskunde)Ou Apostoliese KerkLys van landname in verskeie tale (J-P)StapelvoedselJapanPlanete in astrologieRelatiwiteitsteorieArabiesAarverkalkingDean SmithKrokodilPeach van PletzenVerenigde Arabiese EmirateGeografie van Suid-AfrikaFrederik Willem de KlerkHentaiKantoneesWikiNamakwalandAfrikanersAarde se atmosfeerCleopatra VII1991Rugbywêreldbeker 2003OSI-modelQR-kodeKoos du PlessisJavaScriptKarla du PlessisMcGill UniversiteitTuberkuloseVoortrekkermonumentEngelandSonsteekDulcie van den BerghBeesGroot TrekDie Stem van Suid-AfrikaLys van Afrikaanse televisiereekseDemi Lee MooreSorina ErasmusTransistorBergskilpadGroote Schuur800.ghLemoenduifLys van veltoestandeSonDjihadSelfstandige naamwoordKoppeltekenMenslike seksuele gedragVersamelnaam🡆 More