Die Pretoriaanse Garde (Latyn: cohortes praetoriae) was in die Romeinse Ryk ’n elite-eenheid van die weermag waarvan die lede gedien het as persoonlike lyfwagte van die keiser.
In die tyd van die Romeinse Republiek was die Pretoriaanse Garde ’n klein eskortmag vir amptenare met hoë range, soos senatore en provinsiale goewerneurs.
Met die oorgang na die Romeinse Ryk het die eerste keiser, Augustus Octavianus, die garde as sy persoonlike lyfwagte aangestel. Hoewel hulle dié diens langer as 300 jaar gelewer het, het die garde bekend geraak vir sy intriges en inmenging in die weermag en politiek, tot op die punt waar hulle keisers omvergewerp en hul opvolgers aangewys het.
In 312 het Konstantyn die Grote die garde eindelik ontbind.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Pretoriaanse Garde, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.