Die Prekambrium is die lang tydperk in die Aarde se geskiedenis voor die huidige Fanerosoïse Eon, en is ’n supereon wat in drie eons ingedeel word: die Hadeïkum, Argeïkum en Proterosoïkum.
Dit strek van die ontstaan van die Aarde sowat 4,6 miljard jaar gelede tot die begin van die Kambriese Periode sowat 541 miljoen jaar gelede, toe makroskopiese hardedopdiere vir die eerste keer volop begin word het.
Die Prekambrium word so genoem omdat dit die Kambrium voorafgaan; laasgenoemde is die eerste geologiese periode van die Fanerosoïkum en is genoem na Kambrië, die klassieke naam van Wallis, waar rotse van hierdie tydperk vir die eerste keer bestudeer is. Die Prekambrium beslaan sowat 88% van geologiese tyd.
Geologiese eons: | Hadeïese Eon | Argeïese Eon | Proterosoïese Eon | Fanerosoïese Eon |
---|
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Prekambrium, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.