Odonata

Odonata is 'n orde van vleisetende insekte, waaraan die naaldekokers (Epiprocta) en waterjuffers (Zygoptera) behoort.

Naaldekokers en waterjuffers, net soos kakkerlakke, is van die oudste soort insekte op aarde. In prehistoriese tye was Odonata so groot soos valke. Odonata fossiele wat in Kansas, Siberië, en baie ander dele van die wêreld ontdek is, wys dat hulle 'n vlerkspan van ongeveer 76 cm gehad het, dus was hulle die grootste insekte wat ooit bestaan het.

Odonata
Tydperk: 252–0 m. jaar gelede
Trias – Onlangs
Odonata
'n Blougroen mosaïek naaldekoker (Aeshna cyanea) in vlug
Wetenskaplike klassifikasie e
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Arthropoda
Klas: Insecta
(geen rang): Holodonata
Orde: Odonata
Fabricius, 1793
Subordes

Epiprocta (naaldekokers)
Zygoptera (waterjuffers)

Eienskappe

Verskeie eienskappe onderskei die Odonate van ander insekgroepe – baie klein voelers, baie groot (beslaan die grootste gedeelte van die kop), twee pare deursigtige membraanagtige vlerke met baie klein are, 'n lang buiksegment (abdomen), 'n akwatiese larwestadium (nimf) met trageale kiewe (agter), en 'n grypende labium (verlengde kake onder die kop). Daar is vyf-en-twintig lewende Odonata-families, meestal naaldekokers en waterjuffers. Die maklikste manier om 'n naaldekoker of waterjuffer van ander insekte te onderskei, is deur die grootte van die oë en vorm van die buiksegment te vergelyk. As die oë baie groot is in verhouding tot die kop; en die buigsegment is lank en dun, is dit heel waarskynlik 'n spesie in die orde Odonata.

Verskille tussen naaldekokers en waterjuffers

Daar is vier eienskappe wat gebruik kan word om naaldekokers en waterjuffers van mekaar te onderskei: Die oë, liggaamsvorm, vlerkvorm, en die posisie van die vlerke wanneer die insek rus.

  • Naaldekokers het veel groter oë as waterjuffers. Die oë beslaan die grootste gedeelte van die kop, en omhul die kop van die kant af tot aan die voorkant van die gesig. Die oë van 'n waterjuffer is groot, maar daar is altyd 'n gaping tussen die oë.
  • Naaldekokers het bonkiger liggame as waterjuffers, met 'n korter, dikker voorkoms. Waterjuffers het 'n lang, dun liggaam soos 'n dun takkie.
  • Beide naaldekokers en waterjuffers het twee stelle vlerke, maar hulle het verskillende vorms. Naaldekokers se agterste vlerke verbreed aan die basis, en dit maak die agterste stel vlerke groter as die voorste stel vlerke. Waterjuffers se twee stelle vlerke het dieselfde grootte en vorm, en die vlerke word smaller nader aan die liggaam, en is baie smal waar hulle by die liggaam aansluit.
  • Naaldekokers hou hul vlerke loodreg met hul liggame wanneer hulle rus (soos 'n vliegtuig). Waterjuffers vou hul vlerke op en hou hulle saam bo-oor hul liggame wanneer hulle rus.

Verspreiding

Odonates kom op al die kontinente (behalwe Antarktika) voor, in gebiede waar varswater teenwoordig is. Die meeste spesies in die orde kom in tropiese gebiede voor.

Verwysings

Eksterne Skakels

Tags:

Odonata EienskappeOdonata Verskille tussen naaldekokers en waterjuffersOdonata VerspreidingOdonata VerwysingsOdonata Eksterne SkakelsOdonata

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeuningbyCalviniaKoorsLieweheersbesieYslandChatGPTVrouKasteel die Goeie HoopLys van Suid-Afrikaanse musikanteLys van elemente volgens simboolKappie (skryfteken)DigtheidPampoentjiesWêreldboekedagOnderwerp (taalkunde)Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Willie JoubertEnsiklopedieWiskundige terminologieKoorsblaarSweedsDeelwoordDramaGrondwet van Suid-AfrikaGreen PornoPersoonlikheidInligtingStaalKerngeneeskundeLeonardo da VinciHomofoonWiskundeAluminiumSprokieKoue OorlogAB de VilliersStam (taalkunde)WhatsAppNederduitse Gereformeerde KerkBywoordKlopjagSout (chemiese stof)RenaissanceAbstraksie (rekenaarwetenskap)EienaamLeierStedelike hitte-eilandPersentasieAfrikanernasionalismeOlifantLondenSlag van BloedrivierOlimpiese SpeleSirkelSuurstofJewgeni PrigozjinDigvormGewone breukePenisWaarheid-en-versoeningskommissieGoudDemokrasieBloemfontein2001Lys van politieke partye in Suid-AfrikaHeks van HexrivierJode in Suid-AfrikaSimboolGqeberhaElon MuskWolfLys van Suid-Afrikaanse skrywersYouTubeGesondheidDokterAgtervoegselGeallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog🡆 More