Nordiese Raad

Die Nordiese Raad en die Nordiese Raad van Ministers is 'n samewerkingsforum vir die parlemente en regerings van die Nordiese lande.

Dit is na die Tweede Wêreldoorlog gevestig en die eerste konkrete resultaat wat dit bereik het was die invoer van gemeenskaplike arbeidsmark, maatskaplike versekering en bewegingsvryheid sonder paspoorte vir burgers van die lande in 1952.

Nordiese Raad
Logo van die Nordiese Raad
Nordiese Raad
Die hoofkantoor van die Nordiese Raad in Kopenhagen, Denemarke.

Die Nordiese Raad bestaan uit verkose lede wat die vyf lande en drie outonome gebiede waaruit dit bestaan verteenwoordig. Die lede van die raad is lede van die nasionale parlemente van die lidlande van die Raad wat deur hulle onderskeie politieke partye genomineer word. Daar is dus nie 'n prosedure vir die verkiesing tot die Nordiese raad nie. Die Nordiese Raad wat deur 'n Presidium gelei word hou sedert 1996 elke herfs 'n gewone sessie en spesiale sessies word van tyd tot tyd om spesifieke temas gehou. Die Raad en lede van die lidlande se regerings kom ook op jaarlikse grondslag byeen om samesprekings te hou. Voortdurende politieke werk word deur komitee en party groepe behartig.

Lidlande

Nordiese Raad 
Lidlande van die Nordiese Raad
Nordiese Raad 
Die vlae van die lidlande
Land Lidmaatskap Parlement Status van lidmaatskap Verteenwoordig sedert Lede
Nordiese Raad  Denemarke Volledig Folketinget Onafhanklike land 1952 16
Nordiese Raad  Finland Volledig Eduskunta Onafhanklike land 1955 18
Nordiese Raad  Noorweë Volledig Storting Onafhanklike land 1952 20
Nordiese Raad  Swede Volledig Riksdag Onafhanklike land 1952 20
Nordiese Raad  Ysland Volledig Alþingi Onafhanklike land 1952 7
Nordiese Raad  Åland Geassosieerd Lagting Outonome land in Finland 1970 2
Nordiese Raad  Faroëreilande Geassosieerd Løgting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1970 2
Nordiese Raad  Groenland Geassosieerd Landsting Outonome land in die Koninkryk van Denemarke 1984 2
Nordiese Raad  Estland Waarnemend
Nordiese Raad  Letland Waarnemend
Nordiese Raad  Litaue Waarnemend

Die Nordiese raad werk ook met die Baltiese Raad wat 'n soortgelyke organisasie vir die Baltiese lande Estland, Letland, en Litaue is. Die doel van die Nordiese raad se samewerking met die Baltiese Raad is ter wille van demokratiese, sosio-ekonomiese en kulturele ontwikkeling in die Oosseegebied en Noord-Europa. Samewerking met die Baltiese Raad neem verskillende vorms aan insluitend gesamentlike werksgroepe, werksvergaderings en sedert 2006 'n jaarlikse spitsvergadering.

Die Nordiese Raad het inligtingskantore in al drie Baltiese lande asook in Rusland (in Sint Petersburg en Kaliningrad). Die Raad het ook spesifieke samewerkinsgprogramme met Duitsland en Pole.

Die Faroëreilande het te vore die wens uitgespreek om 'n volle lid eerder as assosiaat lid van die Raad te wees.

Sekretaris-generaals

Die Nordiese Raad is gestig op 12 Februarie 1953.

  • Jan-Erik Enestam (Finland) Augustus 2007 - hede
  • Frida Nokken (Noorweë) September 1999 - Julie 2007
  • Berglind Ásgeirsdóttir (Ysland) Augustus 1996 - April 1999
  • Anders Wenström (Swede) September 1994 - Julie 1996
  • Jostein Osnes (Noorweë) Januarie 1990 - Augustus 1994
  • Gehard af Schultén (Finland) Februarie 1987 - Desember 1989
  • Ilkka-Christian Björklund (Finland) September 1982 - Januarie 1987
  • Gudmund Saxrud (Noorweë) Augustus 1977 - Augustus 1982
  • Helge Seip (Noorweë) Desember 1973 - Augustus 1977
  • Emil Vindsetmoe (Noorweë) Julie 1971 - Junie 1973

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Nordiese Raad LidlandeNordiese Raad Sekretaris-generaalsNordiese Raad VerwysingsNordiese Raad Eksterne skakelsNordiese Raad1952Tweede Wêreldoorlog

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SomerGeestesteuringDemi Lee MooreVoorvoegselJan van Riebeeck7de LaanJohann de LangeKaapstadse waterkrisis 2015-2018VoedselkettingKolonialismeBeesvleisKolonoskopieTelwoordVolhoubare ontwikkelingAfrikaanse woordelys en spelreëlsTandbederfOnbemande vliegtuigOligopolieOseanografieLongontstekingDieregeluideSwawelHartWes-KaapKopieregAntieke EgipteGasDiepaartromboseAgtervoegselPoesEwenaarMurraysburgGevolge van aardverwarming op oseaneToestand van materieVulkaanPropagandaWeer (meteorologie)MetaalBedryfstelsel (inligtingstegnologie)PersoonlikheidBTWPolisieHeuningbyCoca-ColaBesnydenisJazzVarkMikro-ekonomieLys van medisinale kruiePredikante van die Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaSonnestelselRenteDundermDinosourusSeksuele opwekkingSuid-Afrikaanse konsentrasiekampeSeksismeMusieksimboleWikipediaAartappelWinnie Madikizela-MandelaOnderwysWolkGrondwetGemeenskapDigitale en analogiese tydNasionale VrouedagHoofstadKatoenVigsYsterGedigAborsie in Suid-AfrikaBruto binnelandse produkAB de Villiers🡆 More