Noord-Indiese Kragonderbreking Van 2012

Twee ernstige kragonderbrekings het die noorde en ooste van Indië op 30 en 31 Julie 2012 getref.

Die verduistering op 30 Julie 2012 het meer as 300 miljoen mense geraak en was vir kort rukkie die grootste kragonderbreking in die geskiedenis volgens aantal mense geraak, baie meer as die onderbreking van Januarie 2001 wat 230 miljoen mense in Noord-Indië geaffekteer het.

Noord-Indiese Kragonderbreking Van 2012
Indiese state wat op 31 Julie 2012 deur die grootste kragonderbreking ooit getref is.

Die onderbreking op 31 Julie was die grootste kragonderbreking in die geskiedenis. Die onderbreking het oor die 620 miljoen mense geraak, sowat 9% van die wêreldbevolking, of die helfte van Indië se bevolking, versprei oor 22 state in Noord-, Oos-, en Noordoos-Indië. 'n Geskatte 32 gigawatt se opwekkingsvermoë is uit die sisteem verloor.

In 'n artikel in The Wall Street Journal word berig dat, van die geaffekteerde bevolking, 320 miljoen aanvanklik sonder krag was, terwyl die res van die geaffekteerde bevolking direkte toegang tot krag ontneem is. Die kragvoorsiening na die geaffekteerde plekke is herstel tussen 31 Julie en 1 Augustus 2012.

Agtergrond

Indië is die wêreld se derde grootste elektrisiteitsprodusent en verbruiker van elektrisiteit na die Verenigde State en China. Die land se elektriese infrastruktuur word egter as algemeen onbetroubaar beskou. Die noordelike elektriese rooster het al voorheen in duie gestort, in 2001. 'n Geraamde 27% van die energie wat gegenereer word, gaan verlore tydens oordrag of word gesteel terwyl die piektoevoer 'n gemiddelde 9% tekort op die vraag toon. Die volk ly onder gereelde kragonderbrekings wat soms so lank as 10 uur duur. Verder het ongeveer 25% van die bevolking, sowat 300 miljoen mense, geen elektrisiteit nie. Pogings is aangewend om oordrag- en verspreidingsverliese te verminder en produksie verder te verhoog.

In die somer van 2012 het uiterste hitte veroorsaak dat kragverbruik rekordvlakke bereik het in Nieu-Delhi, wat tot die faling gelei het. As gevolg van die laat koms van die monsoenseisoen, het landbougebiede in Punjab en Haryana meer krag verbruik vir waterpompe om ryslande te besproei. Die laat reëns het ook veroorsaak dat hidrokragsentrales minder krag as gewoonlik kon opwek.

Verwysings

Tags:

Indië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Paarl GimnasiumVeranderinge aan Suid-Afrikaanse geografiese nameWerkersdagMIVBrandmondsindroomEkonomiese sektorVlinderMeningsverskil oor aardverwarmingOutismeSuid-Afrikaanse InkomstediensAanhalingstekensMangelontstekingLys van Griekse mitologiese figureHaasVersamelnaamSelfstandige naamwoordRob HersovKlein-KarooKontinentPirow BekkerMiddeloorontstekingKleurKriekAtleetvoetOrale seksElektrisiteitHartversakingWaterpokkiesGesondheidSpringbokkeVoornaamwoordSeksismeLys van kinderspeletjiesMaselsLieweheersbesiePad na jou hartVergelykings (taalkunde)Volksrepubliek ChinaKitaarMaagsweerSimboolDagboekHeidelberg, GautengLys van Suid-Afrikaanse musikanteSias ReineckeAntisemitismeDuitsKommaAkkedisAfrikaanse TaalmonumentFranse RewolusieRoesBipolêre gemoedsteuringDepressie (gemoedstoestand)WeervoorspellingMeervoudVerlede tydSeksuele opwekkingNarkoseSwawelLettergreepNierversakingAfrikanernasionalismeHematurieBruce FordyceIntensiewe vormInternetBlack SashSteenkoolAnilingusGrondbesoedelingKrugerwildtuinVrouPotchefstroomNasionale VrouemonumentKlem-in-die-kaak🡆 More