Die Nereïdes (Grieks: Νηρηΐδες) was in die Griekse mitologie die 50 seenimfdogters van Nereus en Doris.
Hulle het Poseidon dikwels vergesel en was vriendelik en hulpvaardig teenoor matrose wat gevaarlike storms ter see trotseer het. Hulle is veral verbind met die Egeïese See. Die bekendstes was Tetis, vrou van Peleus en die ma van Achilles; Amfitrite, die vrou van Poseidon; en Galatea, die liefde van die sikloop Polufemos.
Hierdie lys is saamgestel uit vier bronne: Apollodorus, Hesiodus, Homeros en Hyginus, daarom is daar veel meer as 50 name.
In moderne Griekse folklore beteken die term "nereïde" (νεράϊδα) enige nimf of fee en nie net seenimfe nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Nereïde, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.