Sikloop: Lid van 'n oerras van reuse in die Griekse mitologie en later Romeinse mitologie

’n Sikloop of eenoog (Grieks: κύκλωψ; ronde-oog van κύκλος, sirkel, en ὤψ, oog) is ’n figuur uit die Griekse mitologie.

Siklope is woeste reuse met net een oog. Hulle woon saam op die helling van die berg Etna op Sisilië, ver weg van die beskaafde wêreld. Hulle leef van landbou en veeteelt en het baie skape. Volgens Homeros eet hulle ook kinders.

Sikloop: Lid van 'n oerras van reuse in die Griekse mitologie en later Romeinse mitologie
Le Cyclope, Odilon Redon (1840–1916).

Die eerste siklope, Steropes, Brontes en Arges, was die kinders van Gaia en Uranus. Hulle was die assistente van die god van die grofsmede, Hefaistos. Hulle het vir Zeus sy weerligstraal, vir Poseidon sy drietandvurk en vir Hades sy onsigbaarheidshelm gemaak.

In die Odussee van Homeros kom Odusseus in een van sy omswerwinge op ’n eiland van die siklope uit. Hy word saam met twaalf van sy manne gevange geneem en in die grot van die sikloop Polifemos, ’n seun van Poseidon, aangehou. Polifemos eet elke dag twee van Odusseus se manne op. Nadat hulle hom een aand dronk gemaak en sy oog uitgesteek het, vlug Odusseus en die res van sy manne eindelik.

Verwysings

    Hierdie artikel is merendeels vertaal uit die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Cycloop

Tags:

Berg EtnaGrieksGriekse mitologieHomerosSisilië

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kunsmatige intelligensieKoperBoelieryRenaissanceLieweheersbesieMenseregteVoortrekkermonumentGeelsugSonVrymesselaryPerdebyeWerkloosheidVlinderSwangerskapSkisofrenieVleilandMierleeuPubiese hareFisioterapieVlagterminologieBreingewasJakkalsSamestellingWilna SnymanBreinvliesontstekingKondensasieSeksueel oordraagbare infeksieRekenaarGraatjiemeerkatDawidBlaaskankerOnderwysOrthopteraBloedingOorlogBreinHoofstadKoekie (rekenaarwetenskap)MagnesiumRudi ClaaseCarles PuigdemontJan van RiebeeckProsaNeerslagJan de WetWiki CommonsWindkragFluoorSuid-Afrikaanse MenseregtekommissieSelfoonGriepPinksterCheslin KolbeRepubliek van Zoid AfrikaNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyDemokrasieSaldanhaGordelroosOmtrek, oppervlakte en volumeMetaalInternetBeenbreuke en ontwrigtingsPersBlourokkeDokterEpilepsieJan van TonderHomofoonKindermishandelingSharpeville-slagtingKweekhuiseffekDansPampoentjies🡆 More