Die NZASM 13-tonner 0-4-0ST van 1889 was 'n 13-ton Suid-Afrikaanse saaltenklokomotief van die negentiende eeu en die eerste lokomotief van die Suid-Afrikaanse Republiek (ZAR).
13-tonner, c. 1889 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Maschinenfabrik Esslingen |
Vervaardiger | Maschinenfabrik Esslingen |
Serienommer | 2311 |
Klas | NZASM 13-tonner |
Vervaardig | 1889 |
Aantal gebou | 1 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 0-4-0ST (Vier-gekoppeld) |
UIC wielklassifikasie | Bn2t |
Spoorbreedte | 1 067 mm (3 vt 6 dm) (Kaapspoor) |
Gekoppelde wiele | 800 mm |
Wielbasis | 1 600 mm |
Hoogte | 3404 mm |
Lokomotiefmassa | 13 210 kg |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 250 kg |
Waterkapasiteit | 1 400 L |
Stoomketeldruk | 1 100 kPa |
Vuurroosteroppervlak | 0,66 m2 |
Vuurkastipe | Koepeldak |
25,2 m2 | |
– Vuurkas | 3,2 m2 |
28,3 m2 | |
Silinders | Twee |
Silindergrootte | 279 mm boor 400 mm slag |
Klepwerk | Allan |
Klepsoort | Murdoch D-Slide |
Koppelsisteem | Johnston skakel-en-pen |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 33,9 kN @ 75% |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | NZASM |
Aantal in klas | 1 |
Afleweringsdatum | 1889 |
Eerste tog | 1889 |
Alle NZASM-lokomotiewe is volgens hul gewig benoem dus staan hierdie lokomotief as die 13-tonners bekend.
Nadat goud in 1886 op die Witwatersrand ontdek is, ontwikkel verskeie bedrywe hier. Steenkool is in Boksburg gemyn, maar dit lê 26 km vanaf Johannesburg. Op 20 Julie 1888 kry die Nederlandsche-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij 'n toegewing om 'n spoorlyn tussen die twee stede te bou. Die spoorlyn is op 17 Maart 1890 amptelik geopen. Nadat die toegewing hersien is, is die spoorlyn uitgebrei en vanaf Boksburg tot by Springs in die ooste en van Johannesburg tot by Krugersdorp in die weste verleng.
Anders as ander spoorwegkonstruksieprojekte, moes alle toerusting deur ossewaens oor land vervoer word. 'n Monteerfabriek is in Elandslaagte (deesdae se Germiston) gebou waar die eerste NZASM-lokomotiewe saamgestel is. Ses lokomotiewe is deur die vervaardigers Maschienenfabriek Esslingen gelewer. Vyf van hulle is 14-tonners en die sesde was hierdie 13-tonner. Die 13-tonner, wat die laagste fabrieknommer gekry het, is amper dieselfde as die 14-tonners, maar het 'n kleiner steenkoolkas en 'n kleiner watertenk gehad.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article NZASM 13 Tonner 0-4-0T, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.