Pous Innocentius Ii

Innocentius II was die 164ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Pous Innocentius II
Pous Innocentius Ii
Geboortenaam Gregorio de Papareschi
Pontifikaat begin 14 Februarie 1130
Pontifikaat eindig 24 September 1143
Voorganger Honorius II
Opvolger Celestinus II
Gebore
Rome, Italië
Sterf 24 September 1143
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Innocentius

Biografie

Pous Innocentius II is gebore as Gregorio de Papareschi in Rome, Italië uit die familie van die Guidoni. Sy vader se naam was Giovanni. Gregorio is as kardinaal-deken aangestel deur Pous Paschalis II. Op 14 Februarie 1130 volg hy Pous Honorius II op en regeer tot sy dood op 24 September 1143. Hy word opgevolg deur Pous Celestinus II. Die naam ‘Innocentius’ beteken 'die onskuldige'.

Pontifikaat

Pous Innocentius II is tydens die sterwe van Pous Honorius II verkies. Aangesien dit nie formeel die regte prosedure was nie, is sy verkiesing deur 'n aantal kardinale betwis en hulle kies Teenpous Anacletus II. Met die hulp van keiser Lotarius III van die Heilige Romeinse Ryk en Bernard van Clairvaux het Innocentius daarin geslaag om Anacletus en sy opvolger Teenpous Victor IV (Gregorius) te verdryf. Innocentius kroon Lotarius as keiser in die Lateraanse kerk op 4 Junie 1133. Vanaf 29 Mei 1138 is sy pontifikaat nie meer betwis nie.

Die tweede Lateraanse Konsilie

Op 4 April 1139 begin Pous Innocentius II die tweede Lateraanse Konsilie. Die vergadering van meer as 1000 geestelikes ekskommunikeer Roger II van Sisilië. Die pous voltooi ook die kerk van Maria in Trastevere en raak betrokke in 'n geskil met koning Lodewyk VII van Frankryk.

Geskrifte

Pous Innocentius Ii 
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:

Op 7 Julie 1136 gee die pous 'n bul uit met die titel "Ex commisso nobis". Die dokument bevat die vroegste verwysing na die Poolse taal. Op 29 Maart 1139 gee die pous 'n bul uit met die titel "Omne datum optimum" waarin die order van die Tempeliers gestig word.

Die verdrag van Mignano

Die verdrag van Migano van 1139 beëindig die oorlog in Mezzogiorno en in 1130 word Roger II deur Teenpous Anacletus II tot koning gekroon. Pous Innocentius II het nie verdrag of die titel van Roger erken nie. In 1139 sterf die pouslike hertog Ranulf van Alife en Roger verower sy grondgebied. Die pous en prins Robert II van Capua het probeer om hulle mag te herwin. Roger se seun het die pous voorgelê by Galluccio en die pous gevange geneem. Drie dae later op 25 Julie 1139 kroon Innocentius vir Roger as "rex Siciliae, ducatus Apuliae et principatus Capuae" (koning van Sisilië, hertog van Apulia en prins van Capua). In 1143 het Innocentius probeer om die verdrag te nietig, maar Roger het dit voorkom. In 1156 by die verdrag van Benevento het Roger II ooreengekom om 600 schifati skatting te betaal en nog 400 schifati vir nuut verowerde gebied.

Bibliografie

  • Duff, Eamon (2001). Saints and Sinners: A History of the Popes, Yale University Press. ISBN 0-300-09165-6.
  • Maxwell-Stuart, P. G. (2002). Chronicle of the Popes: The Reign-by-Reign Record of the Papacy from St. Peter to the Present, Thames & Hudson. ISBN 0-500-01798-0.
  • Stroll, Mary (1991). Symbols As Power: The Papacy Following the Investiture Contest, Brill, Leyde.

Verwysings

Eksterne skakels

Pous Innocentius Ii 
Wikisource
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
  • BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
  • PTA Inskrywing in "Popes through the Ages" deur J. Brusher S.J. (Engels)


Nota

Saamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui.

Opvolging

Voorafgegaan deur
Honorius II
Pous (Pontifex Maximus)
1130 – 1143
Opgevolg deur
Celestinus II

Tags:

Pous Innocentius Ii BiografiePous Innocentius Ii PontifikaatPous Innocentius Ii BibliografiePous Innocentius Ii VerwysingsPous Innocentius Ii Eksterne skakelsPous Innocentius Ii NotaPous Innocentius Ii OpvolgingPous Innocentius IiPousRooms-Katolieke Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VakbondDiarreeMosesBesoedelingNarsistiese persoonlikheidsteuringHokkiePampoentjiesLys van Griekse mitologiese figurePlantOlimpiese Somerspele 2024StrykysterSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKunsmatige algemene intelligensieDonkieLarry PageVersoeningsdagAluminiumSlangWiskundeKweekhuiseffekBraaiMikro-ekonomieNatuurlike hulpbronKompasDieregeluideSuid-AfrikaViëtnamLangste woordBruto binnelandse produkVerenigde KoninkrykKwame NkrumahPubliekKoringSoogdierTradisionele Afrika-medisyneGoogle MapsLys van nedersettings in Suid-AfrikaWaterstofWêrelderfenisgebiede in Suid-AfrikaOmgewingskwessies in Suider-AfrikaKNatuurrampWerkwoordSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SlaginstrumentRivierPlae van EgipteLSlawernyHemelvaartNederduitsch Hervormde KerkBoomKatoenSarel Jacob PretoriusLys van Nederlandse skildersSirkelGetalMielieSwart menseSkoenlapperDundermGeografie van Suid-AfrikaLongNiersteenVerdampingOorstromingVryheidsdagDirekte en Indirekte redeGrondbesoedelingOopbroninhoudFiela se kindGalblaasFotosinteseEjakulasieOogproblemeGeskiedenis van Afrikaans🡆 More