Ng Gemeente Mosselbaai

Die NG Gemeente Mosselbaai is in 1845 gestig en is die 33ste oudste bestaande gemeente in die hele Kerk en die 23ste oudste in die Sinode van Wes-Kaapland.

Ng Gemeente Mosselbaai
Die gemeente se ou (links) en nuwe (regs) kerkgebou.
Ng Gemeente Mosselbaai
Die nuwe kerk is in 1949 langs die oue opgerig.
Ng Gemeente Mosselbaai
Die gemeente se medeleraars het die nuwe kerk, ontwerp deur Hendrik Vermooten, se hoeksteen saam op 5 Maart 1949 gelê.

Dit was by die teenswoordige Mosselbaai dat die eerste Europeër, Bartolomeus Dias, in 1487 geland het. Hy het die baai Angra dos Vaqueros, die Baai van die Herders, genoem. Náa hom het ook Vasco da Gama in 1497, Joao de Nova in 1501, Manuel de Mesquita Perestrello in 1576, Cornelis Houtman in 1595 en Van Caerden in 1601 die baai binnegevaar om vars water en voedsel te kry. Van Caerden het die huidige naam Mosselbaai aan die plek gegee vanweë die baie mossels wat hy hier uitgehaal het.

Langer as ’n eeu het die Portugese en Hollanders die baai aangedoen tot die stigting van die volksplanting aan die Kaap. Eers vanaf 1787 is die hawe weer gebruik vir die verskeping van graan en het die toenemende handel weer meer gebruik gemaak van die hawe. Die aantal inwoners het mettertyd vermeerder en so het die landdros en heemrade van Swellendam in 1751 by die goewerneur aangeklop om die gereg en die Kerk hierheen uit te brei.

Nadat die gemeente George in 1813 gestig is, het Mosselbaai ’n wyk van daardie gemeente geword. Op 15 Januarie 1845 het die Ringskommissie hier vergader en is die plaaslike gemeente voorlopig afgestig. Die Ringsvergadering het later in dieselfde jaar alles bekragtig. Ds. T.J. van der Riet was die eerste leraar en ná hom is die gemeente in die nagenoeg eerste eeu van sy bestaan deur die volgende bedien: Di. I.G. Horak (1858–’87), D.B. Bosman (1888–’95), D. Wilcocks (1895–’99, 1911–’21), J. Murray (1900–’10), P.W.A. de Klerk (1921–’40), P. de Vos Grobbelaar (1941–’47). Di. D. W. de Villiers (bevestig in 1947) en A.G.S. Gous (1948) was die eerste twee leraars in die tweede eeu van die gemeente se bestaan.

Gedurende 1948 is die eerste medeleraar hier bevestig en vanaf 1952 af is die gemeente deur drie leraars bedien. Die gemeente het toe reeds sy derde kerkgebou opgerig, sale gebou en ’n kinder-inrigting daargestel vir sorgbehoewende en weeskinders. Omstreeks sy eeufees het die gemeente ’n tydperk van vooruitgang en geweldige uitbreiding wat getalle, finansies sowel as verantwoordelikhede betref.

Mosselbaai-Suid het in 1958 van die moedergemeente afgestig en Danabaai in 2004 van eersgenoemde.

Bronne

Tags:

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jan van RiebeeckRina HugoKunsSonnestelselTweede WêreldoorlogPad na jou hartHorlosieJosef StalinKaapse VlaktePornhubMenstruasieSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SikloonPersoonlikheidKoorsblaarCristiano RonaldoBeaufortskaalProteïenNelson MandelaDuitse maselsGeskiedenis (vakgebied)Eben EtzebethPenisWoordsoortIsraelMenslike skeletKappie (skryfteken)Inleiding tot die genetikaMierHartAfrikaanse Taalmonument (Welkom)NiersteenSportPolitieke partyAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidAkroniemKopieregEnkelvoudige sinJan-Willem BreureMigrasie van voëlsGriepNierVioolJan van TonderAarverkalkingOogproblemeGewone breukeBraaiLeestekenVoëlMenseregtedagTegnologieAngolese BurgeroorlogMobutu Sese SekoVaginale kankerPuntLionel MessiEugenetikaLys van kinderspeletjiesDokterPaarl GimnasiumSharpeville-slagtingEendbekdierArmoedeverligtingLys van myne in Suid-AfrikaApartheidBevolkingRobbeneilandDelft, KaapstadToerismeHerfsArabiesApostoliese GeloofsendingAtleetvoetSamestelling🡆 More