Gereformeerde Kerk Mosselbaai

Die Gereformeerde kerk Mosselbaai is die sewende jongste van die 20 gemeentes in die GKSA se Klassis Boland.

Aan die begin van 2020 was hier 573 belydende en 44 dooplidmate vir ’n sieletal van 617. Buiten die hoofdorp, Mosselbaai, sluit die gemeentegrense ook plekke soos Boggomsbaai, Danabaai, Gouritsmond, Groot-Brakrivier, Hartenbos, Herbertsdale, Klein-Brakrivier, Reebok, Tergniet, Vleesbaai en Voorbaai in.

Gereformeerde Kerk
Mosselbaai
Gereformeerde Kerk Mosselbaai
Sluit in  Bayview
Boggomsbaai
Brandwag
Danabaai
Fraai-Uitsig
Gouritsmond
Groot-Brakrivier
Hartenbos
Heiderand
Herbertsdale
Klein-Brakrivier
Mosselbaai
Reebok
Tergniet
Vleesbaai
Voorbaai
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Klassis Boland
Huidige predikant(e)  Paul Lubbinge
Belydende lidmate  573
Dooplidmate  44
Adres H.v. Seder- en
Hardekoolstraat
Heiderand, Mosselbaai
Geskiedenis
Stigtingsdatum  6 Oktober 1985
Afgestig van  George
Eerste predikant  J. Kirsten (1988–'96)
Gereformeerde Kerk Mosselbaai
Die gemeente het die saal (regs) in 1993 in gebruik geneem toe hy sowat 200 belydende lidmate gehad het. Vanweë gemeentegroei is die kerk (links) aangebou en op 27 Maart 2004 in gebruik geneem toe die belydende lidmate amper 300 getel het. Einde 2016 het hulle 466 getel.
Gereformeerde Kerk Mosselbaai
Wim Klapwijk was verantwoordelik vir die gebrandskilderde glas in die saal (hier afgeneem) sowel as in die kerk.
Gereformeerde Kerk Mosselbaai
Die gedenksteen in die kerk wat ds. Arie en mev. Hubré Stavast met die ingebruikneming van die vergrote kerkkompleks onthul het. Hy was van 1997 tot 2004 die gemeente se tweede predikant.

Die Gereformeerde kerk Mosselbaai is in 1985 met 62 lidmate van die Gereformeerde kerk George afgestig, wat op sy beurt in 1966 van die ses jaar oue Gereformeerde kerk Oudtshoorn afgestig het. ln die vroeë 1990's is begin met die beplanning van 'n veeldoelige saal op die erf wat die gemeente gekoop het in Heiderand, Mosselbaai. Fanus Buys-argitekte is in samewerking met 'n boukommissie van die kerkraad in 1992 opdrag gegee om die veeldoelige saal te beplan met 'n begroting van R200 000.

Hierdie gebou het bestaan uit 'n ruimte wat ongeveer 200 persone kon huisves, kleedkamers, kombuis en konsistorie. Ná ses maande is die bouwerk met groot dankbaarheid afgehandel, en op 19 Julie 1993 in gebruik geneem. Die gebou het unieke kenmerke. Die besondere brandskilderglaswerk is deur Wim Klapwijk, ’n lidmaat, gemaak. Die uitleg is fyn beplan tot 'n komposisie van lig en beeld. Ná eredienste in die plaaslike Laerskool Park se saal en begeleiding op die klavier, was die toevoeging van 'n gerekenariseerde orrel baie welkom. Van 1995 tot 2001 het die gemeente gegroei van 85 lidmate tot 440 siele, van wie 363 belydende en 77 dooplidmate. Die Gereformeerde kerk Stilbaai het in 2002 van Mosselbaai afgestig.

Die gemeentegroei asook die geweldige groei in toerisme in die omgewing van Mosselbaai het 'n vergroting van die kerk genoodsaak. Hierdie taak is onder leiding van ds. A.H. Stavast uitgevoer. Die kerk is gebou op die huidige erf langs die saal en is ook beplan volgens die beginsel van veeldoelige gebruik. Die nuwe gebou, aangrensend tot die bestaande gebou, is beplan vir 500 kerkgangers. Die bestaande gebou word sedertdien as 'n saal gebruik. In 2003 is die gebou deur die argitek Stevenster beplan en deur At Grobler, ’n lidmaat wat as bouaannemer aangestel is, gebou. Weer het Wim Klapwijk brandskildervensters gemaak en in 2007 is die gerekenariseerde orrel vervang deur 'n pyporrel.

Predikante

  1. Kirsten, Jacobus, 1988 – 1996
  2. Stavast, Arie Harm, 1997 – 2004
  3. Lubbinge, Paul, 2005 – hede

Bronne

Tags:

BoggomsbaaiDanabaaiGereformeerde Kerke in Suid-AfrikaGouritsmondGroot-BrakrivierHartenbosHerbertsdaleKlein-BrakrivierMosselbaaiReebokVleesbaai

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Bank (finansiële instelling)Lys van elemente volgens simboolKitaarAnglo-BoereoorlogBiodiversiteitWieg van die MensdomOmtrek, oppervlakte en volumeBeleggingSuurstofDikdermAkademiaRepubliek die KongoDigvormRugbyWortelHipoteseProstaatkankerAfro-AmerikanersSonnestelselSportImpakte van toerismeOlimpiese SomerspeleOlifantWolkVerkragtingSelfoonGewasboerdery in Suid-AfrikaMaagsweerBreinvliesontstekingPizzaPersoonlike voornaamwoordYstertydperkVryheidsdagFamilie (verwantskap)GlobaliseringRenteLieweheersbesieFisiese oefeningGriekwa-AfrikaansLys van bekende Suid-AfrikanersBruin menseWeervoorspellingKlankSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024Lys van nedersettings in Suid-AfrikaMondHartseerPriemgetalStudievaardighedeSlag van BloedrivierLodewyk XVI van FrankrykLidwoordPinksterWet op BevolkingsregistrasieDurbanSonpaneelTerracottaleërTropiese sikloonFabelApostoliese GeloofsbelydenisTweede VryheidsoorlogGroot TrekThe CranberriesBybelFranse RewolusieTydsoneBTWEnsiklopedieNasionalismeVakbondLionel MessiAfrikaanse woordelys en spelreëlsAardbewingVlag van Suid-AfrikaProteïenHomofoonKonsonantErosie🡆 More