Ng Gemeente Belgravia

Die NG gemeente Belgravia was 'n gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die oostelike woonbuurt van Johannesburg met dieselfde naam, in werklikheid 'n buurt van die voorstad Jeppestown.

Van die vier gewese gemeentes wat sedert 1992 deel vorm van die NG gemeente Kensington, was dit die mees sentraal geleë ten opsigte van die voorstad Kensington.

Ng Gemeente Belgravia
Ds. J.H.T. Reyneke, leraar van 1956 tot 1960.
Ng Gemeente Belgravia
Die kerkgebou, 2017.
Ng Gemeente Belgravia
Ds. A.A. van Niekerk was Belgravia se leraar van 1960 tot 1962.
Ng Gemeente Belgravia
Ds. J.G. Griesel het die kerkgebou se hoeksteen op 12 Junie 1954 gelê. Dit meld nie die argitek se naam nie, maar wel F.P. van Heerden as boumeester.

Afstigting

Die gemeente het in 1952 van Jeppestown afgestig as laaste van die moedergemeente se drie dogtergemeentes in die oostelike voorstede. Malvern het in 1940 afgestig en Bezuidenhoutsvallei in 1944. Belgravia het 'n toringkerk van sierstene op die hoek van Marshall- en Blorestraat opgerig teen 'n heuwel in 'n boomryke straat. Die omgewing was uit die staanspoor meer gegoed as dié rondom die moederkerk. In 1904 het "A Guide to the Transvaal" byvoorbeeld oor Johannesburg se woonbuurte gemeld: "Die meer gegoede voorstede is Parktown, Berea, Belgravia en Doornfontein; die armer buurte is Fordsburg, Braamfontein en Jeppes. Vrededorp word amper uitsluitlik bewoon deur arm Afrikaners ('Dutch'). Staatsamptenare verhuis na Richmond en Melville."

Inlywing

Belgravia was altyd die kleinste van Jeppestown se dogtergemeentes. So staan die lidmaattal (belydende) in 1958 op 557, in 1973 op 318 en in 1979 op 250. Die volgende jaar word die gemeente ingelyf by Malvern, waarvan die lidmaattal in 1979 411 was, maar teen 1985 staan op 502. Uiteindelik smelt Jeppestown in 1992 met Malvern saam, sodat die hele gebied wat van 1898 tot 1940 onder die moedergemeente Jeppestown geval het, 52 jaar later weer net uit een gemeente bestaan, maar nou onder die naam Kensington. Die NG gemeente Andrew Murray, wat ontstaan het uit die sending onder die Jode, het 'n tyd lank Belgravia se kerkgebou in Blorestraat gebruik, maar daarna Johannesburg-Noord se kerkgebou begin deel.

Ligging

Die kerkgebou is geleë in Blorestraat in Jeppestown-Suid (Belgravia).

Enkele leraars

  • Jan Gabriël Griesel, 1952 - 1956 (sy eerste gemeente en die gemeente se eerste leraar)
  • Jan Harm Thomas Reyneke, 1956 - 1960
  • Adam Adriaan van Niekerk, 1960 - 1962
  • Rudolph Adriaan Meyer, 1963 - 1965
  • David Johannes Schutte, 15 Januarie 1966 - 25 Mei 1969
  • Gabriël Hermanus Zeeman, 1969 - 12 Februarie 1973
  • Hendrik Johannes Christoffel Pieterse, 1973 - 1976 (laaste voltydse leraar)
  • Hendrik Johannes Potgieter, 1976 - 1980 (waarnemend)

Verwysings

Bronne

Tags:

Ng Gemeente Belgravia AfstigtingNg Gemeente Belgravia InlywingNg Gemeente Belgravia LiggingNg Gemeente Belgravia Enkele leraarsNg Gemeente Belgravia VerwysingsNg Gemeente Belgravia BronneNg Gemeente BelgraviaBelgraviaJeppestownJohannesburgKensington, JohannesburgNG gemeente KensingtonNederduitse Gereformeerde Kerk

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Slag van BloedrivierGeografie van Suid-AfrikaSwartbewussynsbewegingKlem-in-die-kaakLys van politieke partye in Suid-AfrikaLiturgiese jaarRuan JoshLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Siberiese ingrypingBateJane GoodallBrandmondsindroomVarkGeorge BallotKomeetLetterlike en figuurlike taalgebruikSokkerQR-kodeDeborah AdairHerpes simplexTaalwetenskappeDeon GrootSean CombsDuitsMielieIndo-Europese taleLianie MayKliniese depressieFascismeCSSHannes van WykBrandewynMin ShawAnrich HerbstDemensieToerismeVrymesselaryNardusEnsiemBlaaskankerCyrillus en MethodiusTonnels van Củ ChiAardeTarentaleTandbederfWynand du ToitCobus RossouwLys van NG gemeentesSonpaneelSaoedi-ArabiëSteve BikoLys van persone in die BybelBierVulvaSonBroodwortelTropiese sikloonHernubare energieSonwyserNasiebouSpekboomSweedsKatBloedgroepEoliese prosesDroomVigsLys van medisinale kruiePersentasie1991Borrie2001Provinsies van Suid-Afrika🡆 More