Mobile, Alabama

Mobile is die oudste stad in die Amerikaanse deelstaat Alabama en 'n belangrike seehawe vir die streek aan die Golf van Meksiko.

Die geskiedenis en welvaart van Mobile, wat in 1702 deur Franse setlaars gestig is, word al drie eeue lank ten nouste met die ontwikkeling van sy hawe verbind. Dit was die eerste nedersetting in Noord-Amerika waar die Franse Mardi Gras of karnaval-feesvierings gehou is, en die stad, wat steeds 'n leidende rol in die politieke, ekonomiese en kulturele geskiedenis van die Amerikaanse Golfkus gespeel het, bewaar sy ryk kulturele erfenis met trots.

City of Mobile


The Azalea City


Mobile, Alabama

Kaart Wapen
Mobile, Alabama
Mobile, Alabama
Vlag
Mobile, Alabama
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Mobile, Alabama Alabama
 County Mobile County
 Koördinate 30°41′N 88°02′W / 30.683°N 88.033°W / 30.683; -88.033
 Stigting 1702
 Geïnkorporeer op 20 Januarie 1814
 Oppervlakte:  
 - Totaal 413 vk km
 Hoogte bo seevlak 3 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2013) 194 899
 - Bevolkingsdigtheid 471,9/vk km
 - Metropolitaanse gebied 414 079
 Tydsone CST (UTC -6)
 Somertyd CDT (UTC -5)
 Burgemeester William S. Stimpson
 Amptelike Webwerf City of Mobile

Kort voor die uitbreek van die Amerikaanse Burgeroorlog was Mobile die laaste hawe waar Afrikane as slawe na die Verenigde State ingevoer is. Gedurende die onstuimige jare van die Amerikaanse Burgerregtebeweging in die 1960's het die stad 'n simbool van verdraagsaamheid geword waar geen gewelddadige betogings plaasgevind het nie.

Vandag is Mobile een van die etnies en kultureel mees diverse stede in die Amerikaanse Suide. Omvangryke beleggings in die streek se nywerheidsektor en infrastruktuur het in die laat 20ste en vroeë 21ste eeu 'n nuwe ekonomiese optimisme aangewakker wat ongeëwenaar is sedert die bloeitydperk van die katoenbedryf in die 19de eeu.

Feeste

Gedurende die tweede en derde week in Maart, wanneer duisende asalea's in volle bloei is en temperature danksy die lenteson gaandeweg styg, vier Mobile sy jaarlikse Azalea Trail-fees.

Bekende boorlinge

Verwysings

Tags:

AlabamaFrankrykGolf van MeksikoVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DoziNierChromatografieRussiese inval in Oekraïne sedert 2022BreinKolonialismeLys van Afrikaanse skrywersGroot GatIngrid JonkerPornografieLys van chemiese elemente volgens atoomgetalKonsentrasiekampMenslike skeletLaeveldKapitaal (ekonomie)John Brown (aktivis)EugenetikaMonumentYslandTuisbladBloemfonteinEiffeltoringLetsiteleMiddeloorontstekingPretoriaSanskritMenseregteAvbobDemokrasieDarwinismeKernoorlogDelft, KaapstadDokterCheslin KolbeVoyeurismeBipolêre gemoedsteuringLien se lankstaanskoeneKoue OorlogArmoedeverligtingStadE-posDigvormKlein-KarooPornografiese subgenresGemeenskapMahatma GandhiAngolaHematuriePlae van EgipteVerkoueAfrikaanse TaalmonumentKameelperdKlimaatsverandering in AfrikaDuitse maselsLiewe HeksieAfrikaanse Taalmonument (Welkom)Wieg van die MensdomEngelsLys van NG gemeentesBeesBosluisbytkoorsAanhalingstekensBeurtkragBoelieryLangste woordViëtnamoorlogAborsie in Suid-AfrikaGalblaasMasturbasieDie GelofteWikipediaTrekarbeidVlieënde HollanderElana AfrikaBolandse aardbewing van 1969Bruto binnelandse produkKangogrotteBalju🡆 More