Airbus A320

Die Airbus A320-familie bestaan uit kort- tot mediumreeks smalromp, kommersiële passasiersvliegtuie vervaardig deur Airbus.

Die familie sluit die A318, A319, A320 en A321, asook die ACP besigheidstraler in. Die A320s word ook genoem A320ceo (met die huidige enjinopsie) na die bekendstelling van die A320neo. Finale montering van die vliegtuigfamilie word in Toulouse, Frankryk en Hamburg, Duitsland, gedoen. Aan die begin van 2009 het 'n aanleg in Tianjin, China ook begin met die vervaardiging van Airbusvliegtuie vir die Chinese mark. In April 2013 het Airbus 'n nuwe produksiefasiliteit vir die A319, A320, A321 en variasies begin bou in Mobile, Alabama. Die vliegtuigfamilie kan tot 220 passasiers akkommodeer en het 'n reikafstand van 3 100 tot 12 000 km (1 700 tot 6 500 seemyl), afhangende van die model.

Airbus A320

A300 · A310 · A318 · A320 · A330 · A340 · A350 · A380

Airbus A320
Lufthansa A320-211
Tipe Smalromp passasierstraler
Vervaardiger Airbus
Ontwerp deur Airbus
Nooiensvlug 22 Februarie 1987
Bekendstelling 28 Maart 1988 met Air France
Status In gebruik
Hoofgebruikers American Airlines
US Airways
EasyJet
China Southern Airlines
China Eastern Airlines
Aantal gebou 10 997 (teen Jul 2023)
Eenheidskoste Teen 2018 pryse:
A318: VS$ 77.4 miljoen
A319: VS$ 92.3 miljoen
A320: VS$ 101.0 miljoen
A321: VS$ 118.3 miljoen.

Die eerste lid van die A320 familie – die A320 – is in Maart 1984 van stapel gestuur met sy nooiensvlug op 22 Februarie 1987. Die famile het gou uitgebrei om die A321 (eerste aflewering in 1994), die A319 (1996), en die A318 (2003) in te sluit. Die A320-familie word 'n baanbreker in die gebruik van digitale "fly-by-wire" vlugbeheerstelsels, sowel as systokkontroles, in kommersiële vliegtuie. Sedert sy bekendstelling is daar voortdurende verbeteringsprosesse in plek.

Tydlyn Airbus A3xx-reeks

1970 1980 1990 2000 2010 2020
0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9
A220
A300
A310
A318
A319 en A319neo
A320 neo
  = In produksie A321 en A321neo
  = Uit produksie A330 en A330neo
  = Toekoms A340
  = Toekomstige modelle A350
A380

Verwysings

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

AirbusAirbus A318Airbus A319ChinaDuitslandFrankrykHamburgPassasiersvliegtuieToulouse

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AfrikaDurbanOudtshoornTweede VryheidsoorlogKoalaReënspinnekopTelefoonNedersettingHomoseksualiteitObesiteitSpinnekopOntwerpRotskunsMenslike seksuele gedragUitskeidingAfrikaanse WikipediaWellington, Wes-KaapHulpwerkwoordCristiano RonaldoNG gemeente BloemfonteinWerwelkolomMiljardLys van Afrikaanse rolprentePersoonlike voornaamwoordIndustriële RevolusieIndiëEwenaarVitamienHorlosieSkedelLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaKoninkryk (biologie)GoogleTransatlantiese slawehandelNierSelfoonNederduitsch Hervormde KerkVoorsetselNoag se arkKlein vyf diereBipolêre gemoedsteuringLys van Suid-Afrikaanse musikanteVoedselverwerkingSkoenlapperBobby CannavaleTegnologieSuikersiekteLewerRassismeAardeSenuweestelselHeupLys van onkruid in Suid-AfrikaNic de JagerGawes van die Heilige GeesVerkleurmannetjieSkildklierStresLeestekenStuifmeelLiewe HeksieMondNazi-DuitslandNarsistiese persoonlikheidsteuringHomofoonHerbivoorProteïenOseaanEl NiñoLys van visseBateAssimilasie (taalkunde)Stres in hoërskoolHidroulikaNormeKappie (skryfteken)🡆 More