Messier 2

Messier 2 of M2 (ook bekend as NGC 7089) is ’n bolvormige sterreswerm in die sterrebeeld Waterdraer, vyf grade noord van die ster Beta Aquarii.

Dit is in 1746 deur Jean-Dominique Maraldi ontdek en is een van die grootste bekende bolswerms.

Messier 2
Messier 2 deur die Hubble-ruimteteleskoop (Bron: ESA/Hubble & NASA, G. Piotto et al.)
Messier 2 deur die Hubble-ruimteteleskoop (Bron: ESA/Hubble & NASA, G. Piotto et al.)
Soort stelsel Bolswerm
Sterrebeeld Waterdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h 33m27,02s
Deklinasie -00º 49' 23,7"
Skynmagnitude 6,3
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 33 000
Ander name M2, NGC 7089
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Charles Messier het die swerm in 1760 herontdek, maar het gedink dit is ’n newel sonder enige sterre. William Herschel was in 1783 die eerste sterrekundige wat individuele sterre in die swerm geïdentifiseer het.

M2 is sowat 33 000 ligjare van die Aarde af en is in besonder goeie sigtoestande net-net met die blote oog sigbaar. Met ’n verkyker of klein teleskoop kan individuele sterre nie gesien word nie, maar met ’n groot teleskoop wel.

Die swerm is sowat 13 miljard jaar oud en een van die oudste bolswerms wat met die Melkweg verbind word. Dit het sowat 150 000 sterre, onder meer 21 bekende veranderlike sterre. Die helderste ster het ’n oënskynlike magnitude van 13,1.

Verwysings

Eksterne skakels

21h 33m 27s, −00° 49′ 24″

Tags:

SterSterrebeeldSterreswermWaterdraer (sterrebeeld)

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

DiarreeSkarlakenkoors15 FebruarieSmall HandsPolitieke partyGesondheidWoordeboekBreinEienaamOranjerivierVergelykings (taalkunde)NierversakingVerstedelikingKlerksdorpSprokieSendelingposisieApple Inc.Jennifer ZamudioNatuurlike hulpbronHemelvaartsdagKinderregteVraag en aanbodLeeudoringstadStedelike hitte-eilandJo BlackGevlekte muisvoëlBybelVrouKaartKreatiwiteitBreinvliesontstekingOrgasmeMuishondAkademiaBloedsomloopstelselJeuksiekteKameelperdKrimpvarkieLys van WêrelderfenisgebiedeAlfabetLiefdeHipertensie7de LaanOos-KaapDie Stem van Suid-AfrikaInligtingKinkhoesLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaAngolese BurgeroorlogNul is nie niks nieVulvaTropiese sikloonKlimaatsverandering in Suid-AfrikaSteenkoolCovid-19-pandemieKroepAfro-AmerikanersNomina sacraGriekse teaterVoëlMenseregtedagMondKewerSwangerskapMusieksimboleNoag se arkSaartjie BaartmanSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024VigsDierKarooKolonoskopieAppendiks🡆 More