Seksualiteit: Manier waarop mense hulle seksueel uitdruk

Menslike seksualiteit is die manier waarop mense hulle seksueel uitdruk.

Dit sluit biologiese, erotiese, fisieke, emosionele, sosiale en spirituele gevoelens en gedrag in. Omdat dit ’n breë term is waarvan die betekenis van tyd tot tyd wissel, is daar nie ’n presiese definisie nie.

Aspekte

Die biologiese en fisieke aspekte van seksualiteit omvat hoofsaaklik menslike voortplantingsfunksies, insluitende die menslike seksueleresponssiklus. Iemand se seksuele oriëntasie is hulle patroon van seksuele belangstelling in die ander of dieselfde geslag.

Fisieke en emosionele aspekte van seksualiteit sluit in verbintenisse tussen individue wat uitgedruk word deur gevoelens van liefde, vertroue en sorg. Seksualiteit beïnvloed ook en word beïnvloed deur kulturele, politieke, regs-, filosofiese morele, etiese en godsdienstige aspekte van die lewe.

Belangstelling in seksuele aktiwiteit neem gewoonlik toe wanneer ’n persoon puberteit bereik. Hoewel geen enkele teorie oor die oorsaak van seksuele oriëntasie al wye ondersteuning gekry het nie, is daar aansienlik meer bewyse van niesosiale oorsake as van sosiale oorsake, veral onder mans.

Evolusionêre perspektiewe oor seks, voortplanting en voortplantingstrategieë asook die sosialeleerteorie verskaf verdere opinies oor seksualiteit. Sosiaalkulturele aspekte van seksualiteit sluit in historiese ontwikkelings en godsdienstige oortuigings. Sommige kulture word beskryf as seksueel onderdrukkend. Die studie van seksualiteit sluit ook in menslike identiteit binne sosiale groepe, seksueel oordraagbare infeksies en geboortebeperkingsmetodes.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

BiologieEmosieLiggaamMensSeksSosiale ordeSpiritualiteit

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VloeistofSportMisdaadromanVarkVerkoueHandré PollardBosbokVulkaanRudi ClaaseJavaScriptAardverwarmingSoogdierMaagHidroëlektrisiteitSteenkool in Suid-AfrikaTennisSuid-Afrikaanse UitsaaikorporasieSeptimius AwardsBelastingReënVolstruisPaddaGasVulkanismeLeeuJan-Willem BreureSilwerDelft, KaapstadNamibwoestynJohan BadenhorstMilitêre diensplig in Suid-AfrikaAfrikaanse taalleer2001XhosaVerlede tydJode in Suid-AfrikaTafelsoutSmeltpuntAngolaAppel (sanger)Lyfstraf in skoleTikTokVennootskapDialoog in fiksieVryheidsdagInflasieKnieOrthopteraMieliestronkRacheltjie de BeerVerenigde State van AmerikaVryheidsmanifesLeestekenWaterbesparing in Suid-AfrikaPerdAnale kankerMurunwa MakwarelaSuikersiekteSonnestelselGeboorteAntisemitismeAsemhalingHartseerMangelontstekingMenseregteAngolese Oorlog vir OnafhanklikheidNierversakingWaterWikiquoteCristiano RonaldoHomofoonLetterlike en figuurlike taalgebruikJSEVergelykings (taalkunde)🡆 More