Superrugbykampioene is die titel van die wenner van die Superrugbykompetisie.
Die toernooi was van 1996 tot 2005 bekend as die Super 12 maar na die eerste uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Western Force en die Cheetahs is die naam gewysig om die nuwe aantal spanne in die kompetisie te weerspieël. Na die tweede uitbreiding en die gevolglike toevoeging van die Rebels is die kompetisie ook hernoem na Superrugby. Hierdie bladsy is ’n lys van die spanne wat die Superrugbykompetisie gewen het.
Dit begin met drie groepe (genoem konferensies) van vyf spanne wat volgens lande ingedeel is (daar is dus ’n Australiese, Nieu-Seelandse en Suid-Afrikaanse konferensie). Seisoenwedstryde bestaan uit twee tipes wedstryde, nl.:
Die boonste span in elke konferensie, asook die volgende drie spanne op die algehele punteleër ongeag hul plek in hul konferensie, speel in die uitspeelwedstryde. Die boonste twee konferensiewenners (op die basis van die algehele punteleër) kry die eerste rondte van die uitspeelwedstryde ’n loslootjie. In die eerste rondte van die uitspeelwedstryde is die derde konferensiewenner nommer drie met ’n tuiswedstryd teen die span wat sesde op die algehele punteleër geëindig het. Die span wat vierde was op die algehele punteleër sal dan in ’n tuiswedstryd uitspeel teen die span wat vyfde was. In die halfeindrondes sal die tweede konferensiewenner uitspeel teen die span wat in die eerste uitspeelrondte gewen het en die hoogste op die punteleër was. Die eerste konferensiewenner speel dan teen die ander uitspeelrondtewenner. Die eindrondte is ’n tuiswedstryd vir die span wat die hoogste op die algehele punteleër geëindig het.
Spanne wat hier gelys word is die spanne wat gekwalifiseer het vir die halfeindrondes. Tellings is so geskryf dat die span in daardie kolom s’n eerste genoem word. Die span wat uitgelig is, is die span wat daardie seisoen se kompetisie gewen het.
Jaar | Tydperk | Tabel- posisie | Span | Wedstryde | Punte | Bonus- punte | Tabel- punte | Halfeind- telling | Eind- telling | |||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
gespeel | gewen | gelyk | verloor | vir | teen | verskil | ||||||||
2011 | 18 Februarie – 9 Julie | |||||||||||||
1 | Reds | 16 | 13 | 0 | 3 | 429 | 309 | +120 | 6 | 66 | 30–13 | 18–13 | ||
2 | Stormers | 16 | 12 | 0 | 4 | 400 | 257 | +143 | 7 | 63 | 10–29 | NVT | ||
3 | Crusaders | 16 | 11 | 1 | 4 | 436 | 273 | +163 | 7 | 61 | 29–10 | 13–18 | ||
4 | Blues | 16 | 10 | 1 | 5 | 405 | 335 | +70 | 10 | 60 | 13–30 | NVT | ||
2012 | 24 Februarie – 4 Augustus | |||||||||||||
1 | Stormers | 16 | 14 | 0 | 2 | 350 | 254 | +96 | 2 | 66 | 19–26 | NVT | ||
2 | Chiefs | 16 | 12 | 0 | 4 | 444 | 358 | +86 | 8 | 64 | 20–17 | 37–6 | ||
3 | Reds | 16 | 11 | 0 | 5 | 359 | 347 | +12 | 6 | 58 | NVT | NVT | ||
4 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 485 | 343 | +142 | 9 | 61 | 17–20 | NVT | ||
2013 | 15 Februarie – 3 Augustus | |||||||||||||
1 | Chiefs | 16 | 12 | 0 | 4 | 458 | 364 | +94 | 8 | 66 | 20–19 | 27–22 | ||
2 | Bulls | 16 | 12 | 0 | 4 | 448 | 330 | +118 | 5 | 63 | 26–23 | NVT | ||
3 | Brumbies | 16 | 10 | 2 | 4 | 430 | 295 | +135 | 6 | 60 | 23–26 | 22–27 | ||
4 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 446 | 307 | +139 | 5 | 60 | 19–20 | NVT | ||
2014 | 16 Februarie – 2 Augustus | |||||||||||||
1 | Waratahs | 16 | 12 | 0 | 4 | 481 | 272 | +209 | 10 | 58 | 26–8 | 33–32 | ||
2 | Crusaders | 16 | 11 | 0 | 5 | 445 | 322 | +123 | 7 | 51 | 38–6 | 32–33 | ||
3 | Sharks | 16 | 11 | 0 | 5 | 406 | 203 | +113 | 6 | 50 | 6–38 | NVT | ||
4 | Brumbies | 16 | 10 | 0 | 6 | 412 | 378 | +34 | 5 | 45 | 8–26 | NVT | ||
2015 | 13 Februarie – 4 Julie | |||||||||||||
1 | Hurricanes | 16 | 14 | 0 | 2 | 458 | 288 | +170 | 10 | 66 | 29–9 | 14–21 | ||
2 | Waratahs | 16 | 11 | 0 | 5 | 409 | 313 | +96 | 8 | 52 | 17–35 | NVT | ||
3 | Stormers | 16 | 10 | 1 | 5 | 373 | 323 | +50 | 3 | 45 | NVT | NVT | ||
4 | Highlanders | 16 | 11 | 0 | 5 | 450 | 333 | +117 | 9 | 53 | 35–17 | 21–14 | ||
2016 | 26 Februarie – 6 Augustus | |||||||||||||
1 | Hurricanes | 15 | 11 | 0 | 4 | 458 | 314 | +144 | 9 | 53 | 41–0 | 25–9 | 20–3 | |
2 | Lions | 15 | 11 | 0 | 4 | 535 | 349 | +186 | 8 | 52 | 42–25 | 42–30 | 3–20 | |
3 | Highlanders | 15 | 11 | 0 | 4 | 422 | 273 | +149 | 8 | 52 | 15–9 | 30–42 | NVT | |
4 | Chiefs | 15 | 11 | 0 | 4 | 491 | 341 | +150 | 7 | 51 | 60–21 | 9–25 |
Span | Kampioenskap(pe) |
---|---|
Chiefs | 2 |
Reds | 1 |
Waratahs | 1 |
Highlanders | 1 |
Hurricanes | 1 |
Span | Kampioenskap(pe) |
---|---|
Crusaders | 7 |
Blues | 3 |
Bulls | 3 |
Brumbies | 2 |
Chiefs | 1 |
Reds | 1 |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Lys van Superrugbykampioene, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.