Light is 'n Amerikaanse onderneming wat deur Dave Grannan en Rajiv Laroia in 2013 in San Francisco gestig is en sy hoofkwartier tans in Palo Alto, Kalifornië, het.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die onderneming ontwikkel en vervaardig mobiele digitale fototoerusting. Sy produkte sluit 'n multi-lens- en multi-sensor-kamera in wat vir die gebruik in slimfone en ander mobiele toestelle ontwikkel is, en die L16, 'n mobiele toestel met 16 kameramodules wat in 2017 op die Amerikaanse en een jaar later ook op die Britse en Duitse mark ingevoer is. Light is van voorneme om in die toekoms mobiele toestelle van hoë-gehalte-kameras en egte optiese zoemlense te voorsien.
Light | |
Tipe | Private maatskappy |
---|---|
Gestig | 2013 |
Hoofkantoor | Palo Alto, Kalifornië, Verenigde State |
Sleutelpersone | Dave Grannan (hoof uitvoerende beampte) Rajiv Laroia (hoof tegniese direkteur) |
Gebied bedien | Wêreldwyd |
Industrie | Fotografie |
Produkte | Multi-lens- en multi-sensor-kameras vir slimfone |
Webwerf | light.co |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Light (onderneming), which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.