Anheuser-Busch InBev SA/NV (AB InBev), 'n multinasionale maatskappy, is die wêreld se grootste bierprodusent.
Anheuser-Busch InBev | |
Tipe | Aandelemaatskappy |
---|---|
Gestig | 2008 |
Hoofkantoor | Leuven, Vlaandere, België |
Sleutelpersone | Carlos Brito (hoof- uitvoerende beampte) |
Gebied bedien | wêreldwyd |
Industrie | Brouery |
Produkte | Alkoholiese drank: bier en sterk drank, koeldrank |
Inkomste | $54,62 miljard (2018) |
Bedryfsinkomste | $17,11 miljard (2018) |
Netto inkomste | $5,69 miljard (2018) |
Werknemers | 182 915 (2017) |
Dogter- maatskappye | Anheuser-Busch InBev AmBev Grupo Modelo |
Webwerf | ab-inbev.com |
Dit vervaardig meer as 200 biermerke waaronder die wêreld se bekendste biere, naamlik Budweiser, Stella Artois en Corona. Ander bekende biere wat deur die firma gebrou word is Aguila, Beck’s, Bogota, Contender, Brahma, Castle, Hoegaarden, Jupiler, Leffe, Hertog Jan, Oranjeboom, Dommelsch, Bud Light, Harbin en Hasseröder.
AB InBev is in 1977 gestig met sy hoofkantoor in Leuven, België. Die firma is gevorm deur die samesmelting van Interbrew van België, AmBev van Brasilië en Anheuser-Busch van die Verenigde State. In Oktober 2016 het die Suid-Afrikaanse maatskappy SAB Miller (Suid-Afrikaanse Brouerye/SABMiller) daarby aangesluit. Wêreldwyd het die groot onderneming 182 915 werknemers in 25 lande in diens.
Die aandele in AB InBev word op die beurse van België, Meksiko, Suid-Afrika en New York verhandel. Dit is die grootste firma wat sy aandele op die Johannesburgse aandelebeurs noteer.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Anheuser-Busch InBev, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.