Lexington Steele

Clifton Todd Britt, beter bekend onder sy professionele naam, Lexington Steele (gebore 28 November 1969), is 'n Amerikaanse pornografiese akteur, regisseur en vervaardiger.

Hy is die eienaar van die pornografiese produksiehuise Mercenary Motion Pictures en Black Viking Pictures Inc.

Lexington Steele
'n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Steele in 2014 op die AVN-prysaand.

Geboortenaam Clifton Todd Britt
Alias Lexington Steel, Black Bastard, Lex Steele, Lexington, Lexinton Steel, Lex
Geboorte 28 November 1969 (1969-11-28) (54 jaar oud)
Morristown, New Jersey, VSA
Nasionaliteit Amerikaans
Lewensmaat Savana Styles
Beroep(e) Pornografiese akteur
Aktiewe jare 2001-tans
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Steele het in 2003 die eerste akteur geword wat die AVN-prys vir manlike kunstenaar van die jaar drie keer gewen het. Hy is in die heldesaal van AVN en XRCO opgeneem. Hy het ook verskeie hoofstroomoptredes gedoen, onder meer in die rolprent Crank: High Voltage (2009) en in episodes van die TV-reekse Weeds en Nip/Tuck.

Lewe en loopbaan

Steele is in Morristown, New Jersey, gebore en het daar grootgeword. Hy was 'n aandelemakelaar totdat hy sy pornografieloopbaan in 2001 begin het. Hy het op die naam "Lexington" as sy professionele naam besluit nadat hy eenkeer met die moltrein gery het tot by Lexingtonlaan in Manhattan. Hy het gedurende sy loopbaan in sowat 1 300 video's verskyn. Hy is bekend vir sy "hoogs produktiewe ejakulasievermoë" en is gewild op die stel van rolprente.

Steele regisseer en tree veral op vir sy eie maatskappy Mercenary Motion Pictures in Kalifornië wat hy in 2008 gestig het. In 2013 het hy ook vir Evil Angel begin regisseer.

Verwysings

Skakels

  • Lexington Steele  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

Pornografiese akteur

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Breyten BreytenbachAntjie SomersSeisoenWolmaransstadSaartjie BaartmanSkaakGeslagsgelykheidMenslike seksuele gedragAardverwarmingLys van slangeSkoenlapperLongMagda van BiljonKindersiektesLidwoordRenosterKlem-in-die-kaakSpringbokafrigtersOmgewingsbeheerSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureKnopiespinnekopOrgasmeKonsonantWikimedia-stigtingAfrikaanse taalleerDie Stem van Suid-AfrikaKaapstadBeëdigde verklaringNelson MandelaRekeningkundeSiekteKommunikasieChris BlignautLys van elemente volgens simboolWikiquoteWiskundeKoringSkilpadVolstruisRacheltjie de BeerHindoeïsmeVoorsetselIslamitiese seksualiteitswetteWerkwoordJakarandaKolitisPatriotic AllianceInsekBesoedelingGetalGenrePad na jou hartGoeie VrydagEkonomieMierAnneli van RooyenKarlien van JaarsveldAsiëVraag en aanbodSinoniemKlimaatJohannesburgWerkersdagRandall WicombZoeloeTweede VryheidsoorlogRatelBeurtkragCleopatra VIIKonsentrasiekampBloemfonteinWebwerfMangelLimpopoOppervlakte🡆 More