Koninklike Australiese Vloot

Die Koninklike Australiese Vloot (KAV) is die vloottak van die Australiese Weermag.

Na die totstandkoming van die Gemenebes van Australië in 1901, is die skepe en hulpbronne van die afsonderlike koloniale vlote opgeneem in 'n nasionale mag: die Statebondsvlootmagte. Nadat dit oorspronklik bedoel was vir plaaslike verdediging, is die titel van "Koninklike Australiese Vloot" aan die vloot verleen in 1911, en het dit toenemend verantwoordelikheid aanvaar vir die verdediging van die streek.

Koninklike Australiese Vloot
Royal Australian Navy
Gestig 1911
Land Vlag van Australië Australië
Tipe Vloot
Vaandel Koninklike Australiese Vloot
Koninklike Australiese Vloot
Hoofkwartier Russell Offices, Canberra
Aantal lede 47 skepe
14 215 personeel
Veldslae Verskeie

Brittanje se Royal Navy het voortgegaan om die Australiese Vloot  te ondersteun, en het bykomende blouwater-verdedigingsvermoë in die Stille Oseaan verskaf tot en met die vroeë jare van die Tweede Wêreldoorlog. Daarna het vinnige oorlogstydse uitbreiding die verkryging van groot skepe en die bou van baie kleiner skepe tot gevolg gehad. In die dekade na die oorlog is 'n klein aantal vliegdekskepe ook in diens gestel, die laaste van hierdie is opgeskort in 1982.

Die vloot is een van die grootste en mees gesofistikeerde seemagte in die Suid-Stille Oseaan-streek, met 'n beduidende teenwoordigheid in die Indiese Oseaan en by wêreldwye bedrywighede ter ondersteuning van militêre operasies en vredessendings. Die huidige Hoof van die Vloot is Vise-Admiraal Michael Noonan.

Koninklike Australiese Vloot
Hobart lei die vloot se nuwe klas van lug-oorlogvoering torpedojaers in, hier onder konstruksie in 2015

Vloot

Teen Julie 2022 bestaan die Koninklike Australiese Vloot uit 43 oorlogskepe, insluitende torpedojaers, fregatte, duikbote, patrolliebote plus 'n verdere 4 nie-gekommandeerde hulpskepe. Skepe wat opgekommandeer is, word met die voorvoegsel HMAS (Haar Majesteit se Australiese Skip) benoem.

Die vloot beskik oor twee primêre basisse:

  • Vlootbasis-Oos, geleë op HMAS Kuttabul, Sydney; en
  • Vlootbasis-Wes, geleë op HMAS Stirling, naby Perth.

Daarbenewens is drie ander basisse die tuiste van die meerderheid van die Koninklike Australiese Vloot se kleiner oorlogskepe:

  • HMAS Cairns, by Cairns;
  • HMAS Coonawarra, by Darwin; en
  • HMAS Waterhen, by Sydney.
Vaartuie
Beeld
Klas/naam
Tipe Aantal Diensaanname Detail
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Collins, Collins class
Collins-klas Duikboot 6 2000 Teenskip, intelligensieversameling. Diesel-elektries aangedrewe.
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Canberra, Canberra class
Canberra-klas Helikopter-
landingsdok
2 2014 Amfibiese oorlogvoering.
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Hobart
Hobart-klas Torpedojaer 1 (2) 2017 Lugoorlogvoering, torpedojaer
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Perth, Anzac class
Anzac-klas Fregat 8 1996 Teenduikboot- en teenvliegtuig-fregat met 1 helikopter.
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Newcastle, Adelaide-klas
Adelaide-klas Fregat 2 1985 Algemene doel-geleidemissiel fregat met 2 helikopters.
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Broome, Armidale-klas
Armidale-klas Patrollieboot 13 2005 Kusverdediging, maritieme grenspatrollie, visserybeskerming
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Yarra, Huon-klas
Huon-klas Mynveër 6 1997 Mynopruim
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Leeuwin, Leeuwin class
Leeuwin-klas Opmetingskip 2 2000 Hidrografiese ondersoeke
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Benalla, Paluma class
Paluma-klas Opmetings-
lanseerder
4 1989 Hidrografiese ondersoeke
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Choules FBE 2014
HMAS Choules
(Bay-klas)
Skiplandingsdok 1 2011 Swaar seehyskraan en transport
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Success
HMAS Success
(Durance-klas)
Bevoorradingskip 1 1986
Koninklike Australiese Vloot 
HMAS Sirius
HMAS Sirius Bevoorradingskip 1 2006

Personeel

Koninklike Australiese Vloot 
'n Vroulike Australiese vlootoffisier.

Teen Junie 2011 het die KAV 14 215 permanente voltydse personeel, 161 gapingjaarpersoneel en 2 150 reserwepersoneel gehad. Die permanente lede het bestaan uit 3 357 offisiere met 10 697 personeel op bystand. In Junie 2010 was 82% van die permanente voltydse magte manlik, terwyl vroulike personeel 18% uitgemaak het. Die vloot het die hoogste persentasie vroue in die Australiese Weermag, in vergelyking met die Australiese Lugmag se 17.8% en die leër se 9.7%.

Koninklike Australiese Vloot 
Koninklike Australiese Vloot matrose in 2010

Verwysings

Notas

Bibliografie

  • Dennis, Peter; Grey, Jeffrey; Morris, Ewan; Prior, Robin (1995). The Oxford Companion to Australian Military History. Melbourne: Oxford University Press. ISBN 0-19-553227-9.
  • Frame, Tom (2004). No Pleasure Cruise: The Story of the Royal Australian Navy. Crows Nest, New South Wales: Allen & Unwin. ISBN 1-74114-233-4.
  • Gillett, Ross; Graham, Colin (1977). Warships of Australia. Adelaide, South Australia: Rigby. ISBN 0-7270-0472-7.
  • Whitley, M. J. (2000) [1988]. Destroyers of World War Two: An International Encyclopedia. London: Cassell. ISBN 1-85409-521-8.

Eksterne skakels

Tags:

Koninklike Australiese Vloot VlootKoninklike Australiese Vloot PersoneelKoninklike Australiese Vloot VerwysingsKoninklike Australiese Vloot Eksterne skakelsKoninklike Australiese Vloot

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

KoorsVerbondsarkNarkoseHeilige GeesFredi NestEersterivier (rivier)Deon MeyerHATRuan JoshEkotoerismeParysSteenkool in Suid-AfrikaGekkedagApostoliese GeloofsendingAfvalbestuurSonkragSonpaneelInsolasieBruin menseKatarJane GoodallShine4Patriotic AlliancePlae van EgipteBrasiliëSteenkoolTransistorISO 8601SelfieKoekie (rekenaarwetenskap)Fra AngelicoHadjIndonesiëVrymesselaryN.P. van Wyk LouwGotenburgLys van Afrikaanse televisiereekse8 AprilGeelsugHernubare energieHondsdolheidKoos du PlessisRuslandVakbondWerkwoordSuikersiekteDroogteWynand du ToitAustraliëMynie GrovéDemokrasieZoeloeBrandmondsindroomVratTydGeskiedenis van erotiese afbeeldingsPosseëlRenier van RooyenAardbewingBrandstofKomeetTegnologieHentiesbaaiWiskundige terminologieNoorweë22 NovemberHennie MaasIslamNuwe TestamentWaterpokkiesSeksuele opwekkingGetalPatrice LumumbaSkip🡆 More