Klas Mf Mallet-Stoomlokomotief

Die Klas MF Mallet-stoomlokomotief is gebruik deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë op die Witbank-Germistontrajek.

Daar is veertien lokomotiewe van die American Locomotive Company bestel van 1910 tot 1912. Hierdie stoomlokomotief is gebaseer op die Klas MD maar is superverhit. Hulle is later gebruik op die Oos-Londen hooflyn en is in 1937 uit diens gestel.

Suid-Afrikaanse Klas MF 2-6-6-2
ou CSAR Mallet 2-6-6-2
Klas Mf Mallet-Stoomlokomotief
SAR Klas MF no. 1627, voorheen no. 1023, om en by 1912
Tipe en oorsprong
Kragtipe Stoom
Ontwerper American Locomotive Company
Vervaardiger American Locomotive Company
Serienommer 49115-49123, 50039-50043
Klas SAR Klas MF
Vervaardig 1910-1911
Aantal gebou 14
Bouspesifikasies
Konfigurasie 2-6-6-2 Mallet
Spoorbreedte Kaapspoor
Voorwielomtrek 724 mm (28 1⁄2 dm)
Dryfwielomtrek 1,170 mm (46 dm)
Agterwielomtrek 28 1/2 duim (724 mm)
Min. draaisirkel 84 m
Wielbasis Totaal: 19.964 m
Enjin: 2.540 m per gekoppelde deel, 12.268 m totaal
Tender: 1.397 m boegie, 5.461 m totaal
Lengte 22.435 m
Hoogte 3.921 m
Raamwerk Staafraam
Asbelasting 15.15 t op die 4de drywer
Massa op dryfwiele 88.9 t
Lokomotiefmassa 104.3 t
Tendermassa 51.8 tot 56.1 t
Gesamentlike massa 156.1 t tot 160.4 t
Tendertipe 2 asboegie
864 mm wiele
Aandrywing
Brandstof Steenkool
Brandstofkapasiteit 10.2 t
Waterkapasiteit 18,000-23,000 l
Stoomketel 1.832 m binne diameter
6.048 m binnelengte
Stoomketeldruk 1 380 kPa
Vuurroosteroppervlak 4.599 m2
151 buise van 57.1 mm diameter,
25 buise van 137 mm diameter
Totaal 228.504 m2
– Vuurkas 14.493 m2
242.997 m2
Oorverhittersoort Schmidt
Oorverhitteroppervlak 51.933 m2
Silinders Vier
Klepwerk Walschaerts
Werkverrigting
Trekkrag 204 kN teen 50% keteldruk
Diensgeskiedenis
Gebruiker Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë
Suid-Afrikaanse Spoorweë
Aantal in klas 14
Vlootnommer(s) CSAR 1015-1023 SAR 1619-1627, 1629-1633
Plek gebruik Witbank-Germistontrajek
Afleweringsdatum 1911
Eerste tog 1911
Onttrekkingsdatum 1939

Vervaardiger

Die nege Mallet geartikuleerde, saamgestelde stoomlokomotiewe wat aan die Sentrale Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR) gelewer is in 1911, is in 1910 en 1911 deur die American Locomotive Company (ALCO) gebou. Hulle was soortgelyk aan die eksperimentele Klas MD wat in 1910 afgelewer is, maar was met Schmidt oorverhitters en Walschaerts-klepratwerk toegerus. Hulle is genommer in die reeks 1015-1023.

Suid-Afrikaanse Spoorweë

Die Unie van Suid-Afrika het op 31 Mei 1910 tot stand gekom, volgens die Suid-Afrika-wet wat bekragtig is deur die Parlement van die Verenigde Koninkryk. Een van die klousules in die Wet vereis dat die drie Koloniale Regeringsspoorweë, die Kaapse Regeringspoorweë, die Natalse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë (CSAR), onder 'n enkele administrasie verenig word om die spoorweë en hawens van die Unie te beheer en te administreer. Nadat die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAR) tot stand gekom het in 1910, is met die klassifikasie en hernommer van al die spoortuie van die drie samestellende spoorweë begin. Dit het deeglike beplanning vereis en kon eers geïmplementeer word met ingang 1 Januarie 1912.

In 1912 is die lokomotiewe in hierdie klas hernommer na 1619-1627 en geklassifiseer as Klas MF van die SAR. 'n Verdere vyf van die soort is deur ALCO afgelewer in November 1911, en is genommer in die reeks 1629-1633, direk op die SAR-rooster.

Eksterne skakels

Verwysings



Tags:

Klas Mf Mallet-Stoomlokomotief VervaardigerKlas Mf Mallet-Stoomlokomotief Suid-Afrikaanse SpoorweëKlas Mf Mallet-Stoomlokomotief Eksterne skakelsKlas Mf Mallet-Stoomlokomotief VerwysingsKlas Mf Mallet-StoomlokomotiefAmerican Locomotive CompanyGermistonKlas MD Mallet-stoomlokomotiefOos-LondenStoomlokomotiefSuid-Afrikaanse SpoorweëWitbank

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VarkKorrupsieDiepaartromboseOrgasmeKolonialismeLys van myne in Suid-AfrikaStam (taalkunde)Saartjie BaartmanNasiebouGeweldPinksterKatLika BerningEkonomie van Suid-AfrikaStaat PalestinaBevolkingVratNarsistiese persoonlikheidsteuringJapanOmgewingskwessies in Suider-AfrikaToerismePornhubSeptimius AwardsLetterlike en figuurlike taalgebruikKleurVaginale kankerMantisSokkerProvinsies van Suid-AfrikaSwaziStedelike gebiedEskomKaapstadse waterkrisis 2015-2018HokkieLys van Afrikaanse skrywersPankreasAkkedisApartheidDigvormDelft, KaapstadPseudowetenskapRuimteSlimfoonRassismeDachshundPlae van EgipteAfrikaanse TaalmonumentKunsmatige intelligensieKunsSebraAardrykskundeBerilliumVrouXhosasMaatskappyDinosourusDeelteken en umlautBreinvliesontstekingAngolese BurgeroorlogWikipediaAfrikanersBruce FordyceJan van TonderSuiwelprodukPeriodieke tabelViëtnamoorlogDonkieDurbanAkroniemVergelykings (taalkunde)AfvalbestuurOntbossingVoëlXenofobieWerkersdagLiewe HeksieHernubare energie🡆 More