Die Klapmuts-tolbos (Leucadendron verticillatum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm.
Die plant is endemies aan die Wes-Kaap waar dit voorkom op die Kaapse Vlakte by Hercules Pillar, Muldersvlei en Fisantekraal.
Klapmuts-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. verticillatum |
Binomiale naam | |
Leucadendron verticillatum (Thunb.) Meisn., 1856 | |
Sinonieme | |
|
Die struik word 2 m hoog en blom van September tot Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant en val na die grond na 'n brand. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike- en vroulike blomme, wat deur insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik op gelyk gebiede, in droë sand oor klei grond op hoogtes van 130 - 150 m.
In Engels staan dit as die Klapmuts conebush bekend.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Klapmuts-tolbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.