Die Kindermonument is ‘n gedenkteken in Bloemfontein ter ere van Afrikaner-jeughelde en is op 1 Oktober 1959 deur dr.
H.F. Verwoerd onthul.
Die monument is op die voorgewel van die Sondagskoolgebou van die NG Kerk in Maitlandstraat.
Dit bestaan uit ‘n ongeveer 2 m-hoë beeld van ‘n seun en ‘n meisie van elk ±15 jaar oud wat die landsvlag hys. Die seun simboliseer die krag waarop die land gebou is en die meisie die volksideale wat nog nagestreef word. Aan hul voete is ‘n oop Bybel met die teks “Laat my lammers wei”. Prof. G. Ricotti van Johannesburg was die kunstenaar.
Daar is 8 sypanele van elk naastenby 2 m breed en 1 m hoog. Op elkeen is ‘n kernaspek in die Afrikaner se ontwikkelingsgeskiedenis afgebeeld met ‘n verklarende byskrif.
Al hierdie sypanele is die werk van Laurika Postma.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kindermonument, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.