Kawango was tot 8 Augustus 2013 een van die 13 streke van Namibië.
Kawango | |
---|---|
Hoofstad: | Rundu |
Grootste stad: | Rundu |
Webwerf: | www |
Die streek se naam is van die Kawango's afgelei. Kawango se hoofstad en grootste stad is Rundu. In die ooste het Kawango aan Caprivi (nou Sambesi) gegrens en in die weste aan Osjikoto. Die Okavangorivier vloei deur die streek, digby die grens met Caprivi. Op 8 Augustus 2013 is Kawango opgedeel in Kawango-Oos en Kawango-Wes. In die noorde is Angola geleë en in die suidooste Botswana.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Kawango, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.