Katherine Routledge

Katherine Maria Routledge (gebore Pease; 11 Augustus 1866 – 13 Desember 1935), was ’n Britse argeoloog en antropoloog wat in 1914 die eerste ware opname van Paaseiland gedoen, maar nie voltooi het nie.

Katherine Routledge
Katherine Routledge, omstreeks 1919.
Katherine Routledge
Juan Tepano.

Ná die Anglo-Boereoorlog het sy saam met ’n komitee na Suid-Afrika gereis om ondersoek in te stel na die hervestiging van ongetroude werkende vroue van Engeland in Suid-Afrika. In 1906 is sy met William Scoresby Routledge getroud. Die egpaar het in 1910 tussen die Kikuyu van die destydse Brits-Oos-Afrika gaan bly en saam ’n boek oor hul navorsing gepubliseer met die titel With A Prehistoric People.

Paaseiland

Katherine Routledge 
Die Mana by Paaseiland, 1914.

In 1910 het die Routledges besluit om hul eie ekspedisie na Paaseiland te reël. Hulle het op 29 Maart 1914 met die skoener Mana by Paaseiland gearriveer. Hulle het ’n basiskamp by Mataveri en by Rano Raraku gehad en ook Orongo en Anakena verken. Met die hulp van ’n eilandbewoner met die naam Juan Tepano het Routledge die plaaslike bevolking ondervra en ’n katalogus opgestel van die moai (reusestandbeelde) en ahu (steenplatforms waarop hulle staan). Hulle het meer as 30 moai uitgegrawe, die stamoudstes in hul kolonie vir melaatses noord van Hanga Roa besoek en verskeie legendes en oorlewerings neergeskryf, onder meer dié van Hotu Matu'a, die voëlmankultus, clan-name en die rongorongo-skrif.

Die egpaar het die eiland in Augustus 1915 verlaat en teruggekeer huis toe. Sy het in 1919 haar bevindings gepubliseer in die gewilde reisboek The Mystery of Easter Island. Honderde van die voorwerpe wat sy en haar man ontdek het, is nou in die Pitt Rivers-museum in Oxford en die Britse Museum in Londen.

Gesondheid

Routledge het na berig word aan paranoïede skisofrenie gely. Ná 1925 het dit vererger – sy het Scoresby uit haar huis in Hyde Park geskop en haarself binne-in toegesluit. In 1929 het Scoresby en haar familie haar in ’n psigiatriese hospitaal laat opneem. Sy is in 1935 daar dood.

Verwysings

Verdere leesstof

Eksterne skakels

Tags:

Katherine Routledge PaaseilandKatherine Routledge GesondheidKatherine Routledge VerwysingsKatherine Routledge Verdere leesstofKatherine Routledge Eksterne skakelsKatherine Routledge11 Augustus13 Desember18661935AntropologieArgeoloogBrittanjePaaseiland

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Beëdigde verklaringJohn Brown (aktivis)VigsKlimaatNederlandsRicus NelVierkantswortelEugenetikaVergelykings (taalkunde)DoelwitJohannesburgKasterolieLeierskapSlag van Cuito CuanavaleEendbekdierDonkiePomeloGooglePaddaLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike nameVraag en aanbodSigaretOnderhandelinge om apartheid te beëindigKlinkerNuwe TestamentGoudZambiëGeelsugLiesbreukBaby ReindeerWebblaaierRacheltjie de BeerMachu PicchuToepassingsagtewareGeestesteuringKinderregteNiersteenNomina sacraNaaldekokerKunsmatige intelligensieWynand du ToitRuslandResensieCarike KeuzenkampMasjienGenreLionel PetersonHemelvaartFiela se kindNasionale VrouemonumentRuhan du ToitSebraDriedimensioneelWielE-posSpysverteringstelselSwahiliOmtrek, oppervlakte en volumeKindersiektesDysselsdorpMobutu Sese SekoVoorsetselAalwynLys van hoofstedeMuisvoëlAarde se atmosfeerAndré SchwartzEjakulasieEben EtzebethByeboerderyCleopatra VIILys van Afrika-lande🡆 More