Karme-Groep

Die Karme-groep is ’n groep onreëlmatige mane van Jupiter waarvan die wentelbane ooreenstem met dié van die maan Karme en wat waarskynlik dieselfde oorsprong het.

Karme-Groep
Die diagram vergelyk die wentelbaan-eienskappe en relatiewe grootte van die mane van die Karme-groep. Die horisontale as illustreer hul gemiddelde afstand van Jupiter af, die vertikale as hul wentelbaan-inklinasie en die sirkels hul relatiewe grootte.

Eienskappe

Die voorwerpe in die groep se afstand van Jupiter is in die omgewing van 22,9 en 24,1 gigameter. Hulle het ’n inklinasie van tussen 164,9° en 165,5° en ’n eksentrisiteit van tussen 0,23 en 0,27 (met een uitsondering). Die vernaamste lede van groot tot klein is:

  • Karme
  • Taigete
  • Eukelade
  • S/2003 J 5
  • Chaldene
  • Isonoë
  • Kalike
  • Erinome
  • Aitne
  • Kale
  • Pasiteë
  • S/2003 J 9
  • S/2003 J 10

Die Internasionale Astronomiese Unie (IAU) gee name wat op "e" eindig aan die mane in dié groep.

Oorsprong

Die ooreenkomste tussen dié mane se eienskappe dui daarop dat hulle een voorwerp was wat opgebreek het tydens ’n botsing. Die voorwerp was waarskynlik amper so groot soos Karme, met ’n deursnee van sowat 46 km. Karme bestaan uit sowat 99% van die oorspronklike massa.

Verdere steun vir dié teorie kom van die eenderse kleur van die mane: almal is ligrooi en het infrarooi spektra, nes D-tipe asteroïdes. Dié data stem ooreen met ’n stam-asteroïde uit die Hilda-familie asteroïdes of ’n trojaanasteroïde.

Verwysings


Karme-Groep  Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wiki

Tags:

Jupiter (planeet)Natuurlike satelliet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

OsoonlaagVoorvoegselDuitslandPinksterPersentasieSpringbokkeTydFinale OplossingThys die BosveldklongJeugdagGeografie van Suid-AfrikaGrondNatuurrampSleutel (musiek)Willie JoubertBetonSekondêre sektor van die ekonomieBolandse aardbewing van 1969SkerpioenDiepaartromboseDurbanMaagVerkleurmannetjieWikiVerkleinwoordAluminiumVlinderToestand van materieNeo-NazismeMenstruasieMag (sosiale wetenskappe)VaginaMaselsOnse VaderKolitisWiskundeMaagsweerSwartrenosterLongSeisoenVars waterTuberkuloseGemeenskapsorganisasieKrimpvarkieJan van RiebeeckTrevor NasserBruin huisslangNatuurlike hulpbronBeeldspraakKangogrotteSwemVerlede tydWet op Bantoe-onderwys7de LaanApartheidBlack SashGemeenskapJapanNatriumTswanaLeeuSelfbeeldLenteJeuksiekteOnderhandelinge om apartheid te beëindigPiesangHartBloemfonteinGloeilampOnderwysKlem-in-die-kaakJohannes MeintjesDistrik Ses🡆 More