Karel Lucien Bonaparte (ook Karel Luciaan, in Frans, Charles, maar Carlo genoem) (Parys, 24 Mei 1803 – aldaar, 29 Julie 1857) was die 2de vors van Canino en Musignano, asook 'n Franse ornitoloog en politikus.
Hy was 'n seun van Lucien Bonaparte (1775–1840) en Alexandrine de Bleschamp (1778–1855). Lucien was 'n jonger broer van keiser Napoleon Bonaparte (1769–1821), Karel Lucien was dus sy neef.
Karel Lucien Bonaparte | |
---|---|
Karel Lucien Bonaparte in 1849 | |
Gebore | Karel Lucien Julius Laurens (Jules Laurent Lucien) Bonaparte 24 Mei 1803 |
Sterf | 29 Julie 1857 |
Nasionaliteit | Frankryk |
Beroep | Ornitoloog, politikus |
Bekend vir | Neef van keiser Napoleon I |
Hy is in Italië opgevoed en besoek ook die universiteit daar. Ná sy huwelik met sy niggie Zénaïde op 29 Junie 1822 reis hy na die Verenigde State, waar sy oom en skoonpa Josef Bonaparte woon. Hy het kort tevore 'n nuwe voëlspesie in Italië ontdek, die swartkoprietsanger (Acrocephalus melanopogon), en op sy reis versamel hy eksemplare van 'n nuwe spesie, die gewone stormswael (Oceanites oceanicus), wat later na Alexander Wilson genoem is. In die V.S.A. voltooi hy die vierdelige "Ornithology or History of the Birds of the United States" van James Grant Wilson. Hy het ook enkele nuwe soogdierspesies beskryf.
In 1828 keer hy na Europa terug en vestig hom in Rome, waar hy sy studies voortsit. In 1840, na die dood van sy vader, word hy die vors van Canino en Musignano. Kort hierna betree hy die politieke arena en sluit hy by die anti-Oostenrykse party aan. Hy het egter nog steeds wetenskaplike lesings gegee en 'n aantal werke, soos die "Iconografia della Fauna Italica", gepubliseer. In die jare 1848/1849 was hy een van die leiers van die republikeine in Rome, maar hy moes die land na die val van die Republiek verlaat. Sy neef, Napoleon III, het egter aanvanklik geweier om hom in Frankryk toe te laat.
Tydens sy ballingskap (1849–1850) woon hy in Leiden. Hy was 'n goeie vriend van Hermann Schlegel, wat toe al jare aan die Ryksmuseum van Natuurlike Historie verbonde was. In Leiden skryf Karel Lucien Bonaparte (in korrespondensie uit die tyd aangedui as Die prins van Canino) die boek "Conspectus Generum Avium" oor die voëls in Europese museums. In 1850 vestig hy hom tog in Parys, waar hy in 1854 die direkteur van die Jardin des Plantes word. Hy sterf in 1857 in Parys.
Karel Lucien Bonaparte en sy vrou, Zénaïde, het 12 kinders gehad:
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Karel Lucien Bonaparte, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.