Streptopelia: Genus van die Columbidae

Streptopelia, die tortels, is 'n genus van sowat 15 voëlspesies in die duiffamilie (Columbidae).

Die bekende en besonder suksesvolle genus is oorwegend in die Sub-Sahara en Eurasië tuis. Hul gereelde territoriale roepe en opvallende vertoonvlugte is kenmerkend van die genus.

Tortels
Streptopelia: Kenmerke, Taksonomie, Spesies
Tortelduif (S. capicola) in die Krugerwildtuin
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Genus:
Streptopelia

Bonaparte, 1855
Spesies

Omtrent 15, sien teks.

Kenmerke

Al die spesies is monogaam en territoriaal, en die genders lyk eenders. Hulle is hoofsaaklik van 'n medium grootte, en hul lengtes wissel van 25 cm tot 36 cm. Almal leef in bome, maar hulle voed op die grond. Die verskillende spesies is baie eenvormig in voorkoms, en almal het ‘n kenmerkende swart band oor die tnokka (nekholte), waarna hulle ook vernoem is (Grieks: στρεπτός (streptós), 'n gewringde halsband, en πέλεια (péleia) 'n wilde duif). Die veredos is oorwegend grys of bruin met ‘n wisselende mate van pienk oor die bors. Die stertpatroon is opvallend wanneer hulle opvlieg of gaan sit – donker teen die liggaam, en ligter of wit aan die sye of stertpunt.

Hul alombekende territoriale roepe word oorwegend in die vorm van 'n monotone en herhalende koer geuiter. By die mannetjie se stygende vertoonvlug uit 'n boom word die vlerke oordrewe, en soms hoorbaar, geklap. By die toppunt van hierdie kort vlug word die vlerke uitgestrek, en word daar in 'n wye draai na 'n nuwe sitplek afgesweef. Die nes is soos by ander duiwe 'n skrapse platvorm van takkies, en 'n legsel van slegs een of twee wit eiers word daarop gelê.

Veral in die trope en subtrope van Afrika en Suid-Asië kom etlike spesies baie talryk in 'n verskeidenheid habitatte voor. Twee spesies het tans 'n baie meer omvangryke verspreiding as voorheen. Die Turkse tortel (Streptopelia decaocto) het op eie houtjie uit sy oorspronklike verspreidingsgebied, d.i. die warmer gematigde streke van suidoostelike Europa tot Japan, versprei om ook die orige deel van Europa in te neem, en Groot-Brittanje teen 1960 en Ierland kort daarop te bereik. Dit is ook in die VSA ingevoer, waar dit teen 1999 reeds in 22 state aangeteken is.

Taksonomie

Die Streptopelia-genus is in 1855 deur die Franse voëlkundige Karel Lucien Bonaparte ingevoer. In 1855 het die Engelse dierkundige George Robert Gray die gedomestiseerde Berbertortel (S. risoria), as die tipespesie aangedui. Alhoewel die naam Streptopelia risoria as 'n geldige naam deur die Internasionale Kommissie vir Dierkundige Nomenklatuur aanvaar word, mag die Berbertortel 'n gedomestiseerde vorm van die Roostortel (S. roseogrisea) wees.

Spesies

Die genus bestaan uit die volgende spesies:

  • Streptopelia turtur (Linnaeus, 1758)Europese tortel
  • Streptopelia lugens (Rüppell, 1837) — Treurtortel
  • Streptopelia hypopyrrha (Reichenow, 1910) — Adamawatortel
  • Streptopelia orientalis (Latham, 1790) — Oosterse tortel
  • Streptopelia bitorquata (Temminck, 1809) — Javaanse tortel
  • Streptopelia dusumieri (Temminck, 1823) — Filippynse tortel
  • Streptopelia decaocto (Frivaldszky, 1838) — Turkse tortel
  • Streptopelia xanthocycla (Newman, TH, 1906) — Birmaanse tortel
  • Streptopelia roseogrisea (Sundevall, 1857) — Roostortel
  • Streptopelia reichenowi (Erlanger, 1901) — Witvlerktortel
  • Streptopelia decipiens (Hartlaub & Finsch, 1870)Rooioogtortelduif
  • Streptopelia semitorquata (Rüppell, 1837)Grootringduif
  • Streptopelia capicola (Sundevall, 1857)Tortelduif
  • Streptopelia vinacea (Gmelin, JF, 1789) — Wyntortel
  • Streptopelia tranquebarica (Hermann, 1804) — Rooitortel

Naverwante taksa is die twee eilandtortels van genus Nesoenas en die twee rooiborsduiwe, wat volgens die "IOC World Bird List" in genus Spilopelia geplaas word:

  • Spilopelia chinensis (Scopoli, 1786) — Chinese rooiborsduif
  • Spilopelia senegalensis (Linnaeus, 1766) — Lemoenduif

Verwysings

Tags:

Streptopelia KenmerkeStreptopelia TaksonomieStreptopelia SpesiesStreptopelia Naverante generaStreptopelia VerwysingsStreptopelia

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Lys van Griekse mitologiese figureCeresGeskiedenis van die AardeBybelJaco JacobsZack du PlessisRefentse MorakeLandbouBhimrao Ramji AmbedkarHerfsIntertekstualiteitTegnologieEkonomiese sektorGriepGewone breukeProstaatklierDooie SeeHannes van WykPersentasieSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureZenobia KockBurgerregteJakobReënspinnekopDwelmmiddelGroot DepressieAfrikanersMenslike skeletGesonde dieetLiefdeRenaissanceDesmond TutuTrekarbeidPoësieAarde se atmosfeerDepressie (gemoedstoestand)Sarah Rose KarrSoweto-opstandGeweldPeriodieke tabelTjelloGamelanSwart menseDroogteWiskunde20ste eeuOrgasmeWhatsAppSwartrenosterSkilpadEnsiklopedieJohannesburgSelfbeeldIndonesiëWaterpokkiesLys van medisinale kruieVisVaginaKitaarVulkanismeAardverwarmingNoFapDuifHipertensieKoorsNaaldekokerVoorsetselPrimêre sektor van die ekonomieApostoliese KerkeRuteniumSlawernyIetermagoVoëlEreksieLetterkundeMin ShawSeksualiteit🡆 More