Jeff Bezos

Jeffrey Preston Jeff Bezos (* 12 Januarie 1964) is 'n Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat.

As stigter en hoof uitvoerende beampte van Amazon.com, Inc., oorspronklik 'n aanlyn-boekwinkel wat intussen 'n wye verskeidenheid produkte en dienste aanbied, het hy 'n beslissende rol in die groei van e-handel gespeel. In Augustus 2013 het hy die gesiene dagblad The Washington Post gekoop.

Jeff Bezos
Jeff Bezos
Jeff Bezos tydens die ENCORE-prysplegtigheid in 2010
Gebore
Jeffrey Preston Bezos

12 Januarie 1964
NasionaliteitVerenigde State
BeroepVoorsitter en hoof- uitvoerende beampte van Amazon.com, Inc.
EggenootMackenzie Bezos (trou 1993)
KindersVier

Jeug en opvoeding

Bezos is gebore uit die huwelik van Jacklyn Gise en Theodore "Ted" Jorgensen. Sy ouers is kort ná sy geboorte geskei. Toe hy vier jaar oud was, het sy ma met Kubaanse banneling Miguel "Mike" Bezos getrou. Sy van is na Bezos veranser. Die gesin het in die 1960's uitgebrei met dogter Christine en seun Mark. Hy het na die laerskool in Houston gegaan. Die gesin het toe na Miami verhuis waar hy sy opleiding aan Miami Palmetto Senior High School voortgesit het voordat hy elektriese ingenieurswese en rekenaarwetenskap aan die Princeton-universiteit studeer het. Hy het sy baccalaureusgraad in 1986 ontvang.

Werk

Ná sy studies het hy by die Taiwanese selfoonmaatskappy FITEL gaan werk, toe vir Bankers Trust en toe by DE Shaw & Co. Daar het hy saam met David E. Shaw (gebore 1951) die idee gekry om 'n aanlyn boekwinkel op die been te bring. In 1994 het hy Amazon.com gestig en DE Shaw & Co verlaat om sy e-handelsidees verder te ontwikkel. In 2000 het hy die private Amerikaanse ruimtemaatskappy Blue Origin gestig. Sedert Augustus 2013 besit hy die koerant The Washington Post, wat hy vir $250 miljoen gekoop het.

Op 2 Februarie 2021 het Bezos aangekondig dat hy gedurende 2021 as uitvoerende hoof van Amazon sal bedank en in die rol van uitvoerende voorsitter sal oorgaan. Andy Jassy, die hoof van Amazon se wolkrekenaarafdeling, het die rol met ingang van 5 Julie 2021 oorgeneem. Hy het gesê dit sal hom meer tyd gee om op sy projekte te fokus, insluitend sy ruimteverkenningsmaatskappy Blue Origin, sy filantropiese inisiatiewe en toesighouding oor The Washington Post.

Op 20 Julie 2021 was Bezos een van vier passasiers wat die ruimte ingevlieg het aan boord van sy maatskappy Blue Origin se eerste bemanning New Shepard. Richard Branson het hom egter nege dae vroeër in die stryd verslaan om te sien wie die eerste sou wees om die ruimte in sy eie ruimteskip te bereik.

Privaat lewe

Bezos het sy vrou, MacKenzie Tuttle, wat ses jaar jonger is, in 1992 ontmoet toe hulle albei vir die beleggingsfirma DE Shaw in New York gewerk het. Binne 'n jaar is die twee getroud. Dit was voor die stigting van Amazon. Hulle het saam drie seuns gehad en 'n meisie uit China aangeneem. Op 9 Januarie 2019 het hy sy egskeiding via Twitter aangekondig. Hulle was binne gemeenskap van goed getroud. Kort nadat die egskeiding bekend geword het, het dit geblyk dat Jeff 'n paar maande lank 'n verhouding met die TV-aanbieder Lauren Sánchez gehad het. Die poniekoerant National Enquirer het gedreig om die affêre met foto's bloot te lê en sms-boodskappe van Bezos aan sy minnares uitgelek. Bezos het geweier om afgepers te word en het daarom die egskeiding via Twitter aangekondig. Die huwelik het formeel op 5 Julie 2019 geëindig. As deel van die egskeiding het MacKenzie Tuttle 'n 4%-belang in Amazon.com ter waarde van US$38 miljard ontvang.
In Mei 2023 is hy getroud met Lauren Sánchez.

In 2021 het hy Oceanco-skeepswerf in Alblasserdam opdrag gegee om vir hom 'n super seiljag met 'n lengte van 127 meter te bou. Dit is Koru ("nuwe begin" in Māori genoem). Met die vertrek van die werf in November 2022 is die skip na die Greenport-werf in Eemhaven in Rotterdam vervoer, waar dit deur De Hef in Rotterdam moes verbygaan. Weens die hoë maste van die skip sou dit gedeeltelik gesloop en herbou word. Daar is besluit om die maste afsonderlik te vervoer en later aanmekaar te sit. Die skip is in April 2023 afgelewer. Konstruksie het meer as $500 miljoen gekos.

Bates

In 2018 het hy die eerste persoon in die wêreld geword met 'n netto waarde van meer as US$100 miljard Ná die egskeiding was Jeff Bezos se netto waarde VS$115,60 miljard. 11] In Augustus 2020 het Bezos die eerste persoon geword wat 'n netto waarde van meer as US$200 miljard gehad het.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Jeff Bezos Jeug en opvoedingJeff Bezos WerkJeff Bezos Privaat leweJeff Bezos BatesJeff Bezos VerwysingsJeff Bezos Eksterne skakelsJeff Bezos12 Januarie1964Amazon.comKoerantThe Washington PostVerenigde State

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Geskiedenis van die BoererepubliekeGeelsugPion (skaak)LikkewaanWaterpokkiesGeskiedenis van kommunikasieTeater van Suid-AfrikaBoelieryNedersettingHipertensieNjalaAnette EngelbrechtAfrikanersVratHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalVachellia tenuispinaFamilie (verwantskap)TarentaleCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaKoekie (rekenaarwetenskap)Apokriewe boekeLiefdeASkisofrenieHartversakingBreingewasMikroörganismeGalblaasSiener van RensburgAnna Bell PeaksAtheneDermpoliepIntensiewe vormAnusHoofpynGlottaalBeëdigde verklaringWhat is A Dscr Loan?PersentasieMorfologie (taalkunde)EiffeltoringNadia HilkerSagtewareMangelontstekingBrandwaterkomIsraelAarverkalkingBloemhofWeeluisPaulus van TarsusBeeldspraakKankerIranAbercrombie & FitchHipoteseApollo 11JeugdagViëtnamoorlogKoppeltekenDavid OxleyOratoriumRussiesLidwoordOu TestamentBreinVerkleurmannetjieCristiano RonaldoRomeinse syfersMaatskappyLatynWerwelkolomJaco JacobsBloeddrukKennis🡆 More