Die Hopefield-tolbos (Leucadendron foedum) is 'n blomdraende struik wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm.
Die plant is Endemie (ekologie) aan die Wes-Kaap en kom voor van Piketberg tot by Hopefield.
Hopefield-tolbos | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | L. foedum |
Binomiale naam | |
Leucadendron foedum I.Williams, 1969 |
Die struik word 2,5 m hoog en blom van Augustus tot Oktober. Die plant vrek in 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word geberg in 'n tol op die vroulike plant, val grond toe na 'n brand en word deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme.
In Engels staan dit as die Hopefield conebush bekend. Die plant het baie ooreenkomste met die rooitolbos en langbeentjie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Hopefield-tolbos, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.