Die Harlekynvylvis (Oxymonacanthus longirostris) is 'n vis wat voorkom in die westelike Stille Oseaan, die Indiese Oseaan en aan die ooskus van Afrika suidwaarts tot by die noorde van KwaZulu-Natal.
In Engels staan die vis bekend as die Longnose filefish. Die vis kan maklik verwar word met die Rooiseeharlekynvylvis (Oxymonacanthus halli).
Harlekynvylvis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | O. longirostris |
Binomiale naam | |
Oxymonacanthus longirostris (Bloch & J. G. Schneider, 1801) |
Die vis word tot 10 cm lank. Die vis het 'n slanke lyf met 'n gepunte snoet en 'n bek wat opwaarts wys. Die lyf is groen en vol oranje kolle terwyl daar 'n oranje streep oor die snoet is. Daar is ook 'n swart kol op die stertvin.
Die vis leef in vlak koraalriwwe en tropiese strandmere waar die korale welig groei. Hulle word gevind in water wat 1 tot 30 m diep is. Die onvolwasse visse leef in groepe saam en die volwasse visse in pare. Hulle vreet poliepe.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Harlekynvylvis, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.