Hangende Tuine Van Babilon

Die Hangende Tuine van Babilon was een van die sewe wonders van die antieke wêreld wat in Hellenistiese Griekeland genoem is.

Hulle is beskryf as ’n merkwaardige ingenieursprestasie met ’n reeks oplopende vlakke met tuine wat ’n groot verskeidenheid bome, struike en wingerde bevat het; dit het gelyk soos ’n groot, groen berg wat van modderstene gemaak is. Dit is glo in die antieke stad Babilon, in die hededaagse Irak, gebou.

Hangende Tuine Van Babilon
Dié handgemaakte graveerwerk, vermoedelik uit 19de eeu ná die eerste uitgrawings van Assiriese stede, beeld die Hangende Tuin uit, met die Toring van Babel op die agtergrond.

Die naam van die Hangende Tuin kom van die Griekse woord kremastós (κρεμαστός, "oorhangend"), wat ’n breër betekenis as die Afrikaanse woord "hangend" het en verwys na bome wat op ’n hoë oppervlak soos ’n terras gebou is.

Legendes

Volgens een legende het koning Nebukadnesar II (wat van 605 v.C. tot 562 v.C. regeer het) die tuin langs ’n groot paleis laat bou vir sy vrou, koningin Amitis, wat van Medië afkomstig was en die groen heuwels en valleie van haar vaderland gemis het. Dit is vertel deur ’n Babiloniese priester, Berossus, wat in omstreeks 290 v.C. geskryf het, en hy is later deur Josephus aangehaal. Die bou van die tuin word ook soms toegeskryf aan die legendariese koningin Semiramis, wat glo in die 9de eeu v.C. oor Babilon regeer het, en daarom is die alternatiewe naam die "Hangende Tuin van Semiramis".

Die Hangende Tuin is die enigste van die klassieke wonders waarvan die ligging nie vir seker vasgestel is nie. Daar is geen bestaande Babiloniese tekste oor die tuin nie en geen argeologiese bewyse daarvoor is in Babilon gekry nie. Drie teorieë bestaan oor hoekom dit so is: Eerstens, dit is ’n blote mite en die beskrywings daarvan in antieke Griekse en Romeinse geskrifte (insluitende dié van Strabo en Diodorus) verteenwoordig ’n romantiese ideaal van ’n oostelike tuin; tweedens, dit het in Babilon bestaan, maar is iewers in die 1ste eeu n.C. heeltemal vernietig; en derdens, die legende verwys na ’n goed opgetekende tuin wat die Assiriese koning Sanherib in sy hoofstad, Nineve, aan die Tigrisrivier naby die moderne stad Mosoel, laat bou het.

Verwysings

Skakels

  • Hangende Tuine Van Babilon  Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wiki vertaal.

Tags:

BabilonBoomHellenistiese GriekelandIrakSewe wonders van die wêreldStruik

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

VleilandJodeHipertensieBlaarMieliedriehoekDuitsGesondheidAngolaNierEkonomiese sektorWaterbesoedelingSebraOu Apostoliese KerkGeslagsorgaanFaktuurKolitisLeierskapJak de PriesterOranjerivierSlag van BloedrivierGroot DepressieApostoliese GeloofsbelydenisMiddeloorontstekingTsoenamiLys van Suid-Afrikaanse skrywersVersamelnaam0 (getal)Nederduitsch Hervormde KerkAfrikaanse TaalmonumentKontinentC++Geografie van Suid-AfrikaVergelykings (taalkunde)Chemiese reaksiePornografiese subgenresCristiano RonaldoSoortnaamStokely CarmichaelDirekte en Indirekte redeKweekhuiseffekWaterpokkiesBaby ReindeerGoeie VrydagNetbalKlem-in-die-kaakAfkortingLemoenBreyten BreytenbachPieter StraussVloeistofSportJuan Antonio VillacañasMasizole MnqaselaElon MuskHomoniemOorstromingVeelvuldige skleroseGriekwa-AfrikaansBaarmoederHulpwerkwoordVrouRatelNaeltjieVaginale kankerAluminiumVlekvrye staalAanhalingstekensSeekatWoestynBaljuSerebrospinale vog🡆 More