Strabo

Strabo (Grieks: Στράβων, Strabōn; 64/63 v.C.

– omstreeks 24 n.C.), was ’n Antieke Griekse geograaf, filosoof en geskiedkundige.

Strabo
Strabo
Strabo, soos uitgebeeld in ’n gravure uit die 16de eeu
Gebore64/63 v.C.
Amaseia, Pontus (tans Amasya, Turkye)
Sterf24 n.C.
NasionaliteitAntieke Griekeland
Beroepgeograaf, filosoof, historikus
Bekend virGeographica
Historica hypomnemata
Strabo
’n Kaart van die wêreld volgens Strabo.

Hy is veral bekend vir sy werk van 17 volumes Geographica, wat die geskiedenis, mense en plekke beskryf van die verskillende streke wat in sy tyd bekend was. Hoewel dit selde in sy tyd gebruik is, was daar talle kopieë regdeur die Bisantynse Ryk. Dit het omstreeks 1469 in Rome die eerste keer in Wes-Europa verskyn as ’n Latynse vertaling. Die eerste Griekse vertaling het in 1516 in Venesië verskyn. Die Geographica is ’n waardevolle bron van inligting oor die Antieke wêreld, veral as dit saam met ander bronne gebruik word.

Dit is nie bekend presies wanneer die werk geskryf is nie, maar die geskatte datum is tussen 7 en 18 n.C. Die laaste deel waaraan ’n datum gekoppel kan word, is sy verwysing na die dood in 23 n.C. van Juba II, koning van Mauretanië, wat volgens hom "net onlangs dood is".

Strabo se eerste groot werk, Historiese Sketse (Historica hypomnemata), wat geskryf is terwyl hy in Rome was (omstreeks 20 v.C.), het feitlik heeltemal verlore gegaan. Dit het die geskiedenis van die bekende wêreld gedek van die oorname van Griekeland deur die Romeine. Strabo haal self daaruit aan en ander Klassieke skrywers noem dit ook, maar die enigste oorblywende deel daarvan is ’n stukkie papirus wat nou in die besit van die Universiteit van Milaan is.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Antieke GriekelandFilosofieGeografieGeskiedkundigeGrieks

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

PenisBloedsomloopstelselVrouGroot TrekEjakulasieHaasWoordeboek van die Afrikaanse TaalApartheidWerkersdagNoord-KaapMantisMassaTegnologieKangogrotteHindoeïsmeWinterMangelontstekingWêreld- Ekonomiese ForumHemelBesemChemiese verbindingSeksposisieWikipediaWater (molekuul)LuiperdPolisieLys van Afrikaanse skrywersDeelteken en umlautBywoordChemiese elementMuskeljaatkatSelfoonVisKonjunktivitisRumatiekAlliterasieTrekarbeidErektiele disfunksieNiersteenHeupOrthopteraGroot GatToutrekLys van Suider-Afrikaanse soogdiereMahatma GandhiOnse VaderAsiëOlimpiese SpeleWekkerNic de JagerKindermishandelingSteenkoolVormSuiwelprodukPapierFanie ViljoenVeeartsVloeistofPersSharpeville-slagtingRomanTaalHannes van WykKoolhidraatPinksterRefentse MorakeSowjetunieAfrikanersKonsentrasiekampOranjerivierEmo AdamsOnderhoudRobbeneilandBrasilië🡆 More