Die Gewone vleiloerie (Centropus burchellii) is 'n standvoël wat voorkom aan die suid- en ooskus van suider-Afrika die aangrensende binneland.
Dit word van die Wes-Kaap tot in die suide van Tanzanië aangetref. Veral wat die roep en die onvolwassenes betref is dit baie soortgelyk aan die Gestreepte vleiloerie, wat dit in die noordweste verplaas. In Engels staan die voël bekend as Burchell's coucal.
Gewone vleiloerie | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | C. burchellii |
Binomiale naam | |
Centropus burchellii Hemprich & Ehrenberg, 1833 |
Tussen September en Februarie word 'n groot slordige nes in 'n doringboom tussen 0,5 en 1 meter van die grond af gebou. Gewoonlik word 4 wit eiers (2 tot 5) gelê wat deur albei ouers na 14 tot 18 dae uitgebroei word. Die jong voëltjies word vir die volgende drie weke deur albei ouers gevoer.
Die Gewone vleilourie klouter deur digte bos om insekte en reptiele (soos sprinkane, slakke, paddas, akkedisse en verkleurmannetjies), asook voëls tot so groot as 'n lemoenduif te vang.
Daar is twee subspesies:
Wiki Commons bevat media in verband met Centropus superciliosus. |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gewone vleiloerie, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.