Die Gereformeerde kerk Wepener was ’n klein gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika op die Oos-Vrystaatse dorp Wepener.
Gereformeerde kerk Ladybrand | ||
Sluit in | Hobhouse Wepener | |
Klassis | Ladybrand | |
Huidige predikant(e) | C.D. van der Merwe (laaste) | |
In kombinasie met | Ladybrand | |
Belydende lidmate | 13 (1954) | |
Dooplidmate | 7 (1954) | |
Adres | Onbekend | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1897 | |
Afgestig van | Reddersburg | |
Eerste predikant | H.F.V. Kruger (1935–'37) | |
Datum ingelyf | 1954 | |
Ingelyf by | Ladybrand |
Omdat die lidmate gedurende die gemeente se hele bestaan van 1897 tot 1954 deurgaans min was, was Wepener dikwels in kombinasie met ander gemeente, soos Ladybrand. Die ou kerkgebou is later gesloop. Wepener bestaan wel nog voort as ’n wyk van Ladybrand. Vir plaaslike dienste is ’n kerkie van die Presbiteriaanse Kerk gekoop.
In 1934, toe die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika sy 75-jarige bestaan gevier het, het Wepener 26 belydende en 21 dooplidmate gehad en was dit die kleinste van die 25 gemeentes in die Algemene Vergadering van die OVS (destyds was daar in dié provinsie nie klassise nie). In 1947, die jaar waarin die gemeente 50 jaar oud geword het en toe dit deel was van Klassis Reddersburg, was hier 30 belydende en 11 dooplidmate. Die totaal van 41 lede was amper twee keer minder as dié van die naaskleinste gemeente, Thaba 'Nchu, se 73. Eindelik, in die laaste jaar van sy bestaan (1954), was hier 13 belydende en sewe dooplidmate. In die voorafgaande jaar het ses lidmate met attestate vertrek, drie het hul gemeenskap met die GKSA opgesê en een belydende lidmaat is oorlede, maar nie een het belydenis afgelê, met attestaat oorgekom of is opgeneem uit ander kerke nie.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Wepener, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.