Gereformeerde Kerk Ladybrand

Die Gereformeerde kerk Ladybrand is die oudste gemeente in die GKSA se Klassis Oos-Vrystaat.

Einde 2015 was dit met 72 belydende en 10 dooplidmate ook die tweede kleinste in die klassis. 'n Jaar vantevore was die getalle onderskeidelik 74 en nege.

Gereformeerde kerk Ladybrand
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Sluit in  Ladybrand, Dewetsdorp
Hobhouse, Maseru
Tweespruit, Thaba Nchu
Excelsior, Vanstadensrus
Welbedachtdam, Wepener
Klassis  Oos-Vrystaat
Huidige predikant(e)  Vakant
Belydende lidmate  72
Dooplidmate  8
Adres H.v. Joubert- en
Van Riebeeckstraat, Ladybrand
Geskiedenis
Stigtingsdatum  1872
Afgestig van  Reddersburg
Eerste predikant  J.C. Krüger (1898–1905)
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Ds. J.C. Krüger, van 1898 tot sy dood in Junie 1905 die gemeente se eerste leraar, en sy eggenote.
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Mev. ds. D.P. du Plessis (gebore Martha Vorster, die dogter van ds. L.P. Vorster), predikantsvrou van die gemeente van 1920 tot haar man se dood in 1941.
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Ds. H.P.J. Pasch en sy gesin. Agter: Anna. Voor: Lena, Gerrit, Johanna, Babie en Schutte. Hy was Ladybrand se leraar van 1911 tot 1920.
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Die kerkraad neem afskeid van ds. Pasch, volgens die fotogegewens 1918, maar hy het eers in 1920 vertrek.
Gereformeerde Kerk Ladybrand
Ds. D.P. du Plessis, leraar van 1920 tot sy dood in 1941.

Aanvanklik was Ladybrand ’n wyk van die eerste Gereformeerde kerk in die Vrystaat, Reddersburg. Op 20 Desember 1872 het Ladybrand van die moedergemeente afgestig. Aan die begin is dienste in ’n kleiner kerkgebou gehou, maar dit was bouvallig en een gewel het gedreig om in te tuimel.

Die gemeente het toe besluit om ’n nuwe kerkgebou op te rig en daarvoor het hulle £100 van die Vrystaatse Volksraad ontvang. Die totale koste van die oprigting van die nuwe kerk was £864,11 en dis op 13 Julie 1883 in gebruik geneem. Eers in 1890 is ’n houtvloer en banke ingesit. In 1895 is ’n konsistorie aangebou.

Mettertyd het dié kerkgebou bouvallig geraak en aandag gekort. In ’n stadium is die dak herstel, maar in 1971 is dit deur ’n nuwe kerkgebou vervang.

Reeds in Oktober 1966 het diaken Kleynhans dat die gemeente moes oorgaan tot die bou van ’n nuwe kerkgebou omdat die destydse kerkgebou, volgens hom, nie tot eer van die gemeente gestrek het nie. Ná bespreking en beplanning het die gemeente ’n lening van R24 000 by Sanlam aangegaan. Dit was terugbetaalbaar oor 25 jaar teen ’n rentekoers van 9 persent.

Die nuwe kerkgebou is in die naweek van 24 en 25 April 1971 in gebruik geneem. Op die Saterdag (die 24ste) het die leraar, ds. P.J.S. de Klerk, die hoeksteen onthul. Dr. G.C.P. van der Vyver het die feesdiens op die Sondag gelei nadat die kerkgebou in gebruik geneem is. Dié kerkgebou, wat sitplek aan genoeg 200 kerkgangers bied, is vandag nog in gebruik. Dit het ’n klein pyporrel. ’n Netjies uitgelegde tuin versier die kerkterrein.

Twee gemeentes wat in 1897 gestig is, Wepener en Tweespruit (vroeër Thaba 'Nchu), is in onderskeidelik 1954 en 2013 by Ladybrand ingelyf.

Predikante

  1. Krüger, Jan Christoffel, 1898 – 26 Junie 1905 (oorlede in die amp)
  2. Pasch, Hendricus Philippus Josephus, 1911 – 1920
  3. Du Plessis, Dirk Postma, 1920 – 11 Julie 1941 (oorlede in die amp)
  4. Van der Merwe, Christiaan Dirk Jacobus, 1953 – 1954
  5. De Bruyn, Frans Roelof Petrus, 1956 – 1958
  6. Liebenberg, Thomas Arnoldus, 1960 – 1965
  7. Smit, dr. Erasmus Johannes, 1965 – 1966 (in kombinasie)
  8. De Klerk, Philippus Jacobus Stephanus, 1966 – 1971
  9. Erasmus, Johannes Jacobus, 1973 – 1981
  10. Van der Walt, Petrus Jacobus, 1981 – 2011 (in kombinasie met Tweespruit; aanvaar sy emeritaat)
  11. Lee, Sarel Johannes Barend, 2012 – 2018 (aanvanklik in kombinasie met Tweespruit, wat ontbind het)

Bronne

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Wet op NaturellengrondCVulvaLys van Afrikaanse skrywersTuisbladSkildklierKlein vyf dierePalmsondagVergelykings (taalkunde)E-posAsmaMusieksimboleWiskundeBrasiliëInligtingLys van lande volgens bevolkingW3CWit-DonderdagWortelkanaalSkrikkeljaarBoomSkilpadLBreingewasAnrich HerbstAnale kankerFritz WepperModernismeNazi-DuitslandSonDigvormKappie (skryfteken)Lys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Pieter BiewengaMakazole MapimpiKrampVoornaamwoordLys van Suider-Afrikaanse soogdiere volgens wetenskaplike namePlantOnderwys21 v.C.FinlandOopbroninhoudEekhoringApostoliese GeloofsbelydenisAarde se atmosfeerGoeie VrydagRoekelose DadeAardeTobie CronjéKoedoeWillie EsterhuizenToorbergMeksikoLys van bekende Suid-AfrikanersLys van Suid-Afrikaanse atletiekrekordsFacebookDanie du ToitRam (sterreteken)VarkgriepVerkoueLibiëJapanCleopatra VIIKankerJerusalemRuslandKameelperdWoord🡆 More