Gereformeerde Kerk Zastron

Die Gereformeerde kerk Zastron was ’n gemeente van die GKSA met sy middelpunt op die Vrystaatse dorp Zastron.

Gereformeerde Kerk Zastron
Dr. F.R.P. de Bruyn, die leraar van 1969 tot 1971.

Die Suidoos-Vrystaat was tradisioneel nie ’n gebied waarin Gereformeerdes wortelgeskiet het nie. Van 1902 tot 1912 was dié gebied rondom Rouxville, Zastron, Smithfield en Wepener wyke van die Gereformeerde kerke Bethulie (in die Vrystaat) en Aliwal-Noord (in die Oos-Kaap), maar die afstande het die bediening altyd bemoeilik. Gevolglik is die Gereformeerde kerk Zastron op 16 April 1916 gestig. Sowat 20 jaar later, in 1935, het die siele in dié gemeente 83 getel.

Omdat Zastron altyd ’n betreklik klein gemeente was, moes hy amper deurentyd bedieningsooreenkomste met ander gemeentes sluit, onder meer Aliwal-Noord, Reddersburg en Ladybrand. Nogtans kon die gemeente ’n mooi kerkie laat oprig in Ralphstraat in ’n eenvoudige, waardige styl wat eie is aan tallose plattelandse Gereformeerde kerkgeboue.

In 1965 het Zastron die eerste keer ’n inwonende predikant gekry in die persoon van dr. Petrus Kruger, maar ook net tot 1968 waarna hy na die Gereformeerde kerk Uitenhage vertrek het. Die gedurige wegtrek van Gereformeerdes van die platteland na die stede het die belydende lidmate teen 2000 laat afneem tot net 17 en die dooplidmate tot vyf. In 2004 het die gemeente dan ook ontbind, waarna die oorblywende lidmate ingeskakel het by Aliwal-Noord.

Predikante

  1. Kruger, H.F.V., 1935–1937
  2. Van Wyk, R.S.J., 1938–1942
  3. Venter, J.J., 1961–1963
  4. Kruger, dr. Petrus, 1965 – 1968
  5. De Bruyn, dr. Frans Roelof Petrus, 1969 – 1971
  6. Labuschagne, F.J., 1974–1980
  7. Van der Walt, S.C., 1981–1982
  8. Coetzee, H.B., 1983–1988
  9. Stavast, A.H., 1989–1997

Bronne

  • Harris, C.T., Noëth, J.G., Sarkady, N.G., Schutte, F.M. en Van Tonder, J.M. 2010. Van seringboom tot kerkgebou: die argitektoniese erfenis van die Gereformeerde Kerke. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Schalekamp, ds. M.E. (voorsitter: redaksiekommissie). 2001. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2002. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Van der Walt, dr. S.J. (voorsitter: deputate almanak). 1997. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 1998. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Venter, ds. A.A. (hoofred.) 1960. Almanak van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika vir die jaar 1961. Potchefstroom: Administratiewe Buro.
  • Vogel, Willem (red.). 2014. Die Almanak van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika vir die jaar 2015. Potchefstroom: Administratiewe Buro.

Sien ook

Tags:

Gereformeerde Kerke in Suid-AfrikaVrystaatZastron

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Kaapse VlakteBreinvliesontstekingOntbossingTelkomSuid-Afrikaanse randFotosinteseSeksuele penetrasieDriehoekMonoloogTamatieNasionaal-Sosialistiese Duitse ArbeiderspartyAnti-inflammatoriese middelStaalVulvaGeloftedagVermenigvuldigingSteenkoolSomerMuskeljaatkatBeesWikiquoteTydsoneBestuiwingRonelda KamferAnale seksResensieRenaissanceGoogleOlimpiese SpeleVolhoubaarheidCovid-19-pandemie in Suid-AfrikaSendelingposisieProstaatkankerTienie HollowayGeskiedenis van die BoererepubliekeLys van politieke partye in Suid-AfrikaToerismeVroueregteSwawelMisdaadromanRepubliek die KongoAanpassingskapasiteitAntisemitismeWet op BevolkingsregistrasiePornografiese akteurHulpwerkwoordPerdDokterWortelKlankverskynselsWerkwoordNamibiëHartversakingYouTubeOorstromingSamestellingHannes van WykNelson MandelaWaterbesparing in Suid-AfrikaBeurtkragHomoniemRymRenosterOrale seksTydWithaaiFrederik Willem de KlerkPussy RiotSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 2024SoutsuurSteenkool in Suid-Afrika🡆 More