Die Gereformeerde kerk Vaalwater is die negende oudste gemeente in die GKSA se Klassis Waterberg.
Einde 2015, toe hier 134 belydende en 44 dooplidmate was, was dit die naaskleinste van die Suid-Afrikaanse gemeentes in die klassis waartoe ook vyf Namibiese gemeentes behoort. Die middelpunt van die gemeente is op die nedersetting Vaalwater in Limpopo.
Gereformeerde Kerk Vaalwater | ||
Sluit in | Alma Bulgerivier Melkrivier Vaalwater (dorp) en omgewing | |
Klassis | Waterberg | |
Huidige predikant(e) | vakant | |
Belydende lidmate | 122 | |
Dooplidmate | 34 | |
Adres | H.v. Bosman- en Kirkmanstraat Vaalwater | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 6 Desember 1958 | |
Afgestig van | Waterberg | |
Eerste predikant | J.T.C. Snyman 1959–1961 |
Die dorpie Vaalwater lê aan die oewer van die Mogolrivier, noordwes van Modimolle. Op 6 Desember 1958 het die gemeente van die Gereformeerde kerk Waterberg afgestig. Net ’n jaar later het die jong gemeente besluit om ’n kerk te bou.
In Maart 1960 het die boukommissie die terrein besoek en ds. J.T.C. Snyman die eerste pen ingeslaan. Die gemeente sou self onder leiding van oudl. J. Bekker bou. Daar is beplan vir ’n gebou met sitplek vir 160 kerkgangers. Dit is binne vyf maande voltooi en op 9 Julie 1960 in gebruik geneem as die eerste kerkgebou op Vaalwater.
Die losstaande toring is iets besonders: Bo-op ’n A-vormige spitsdakkie is nie die gebruiklike weerhaan nie, maar ’n troffel, ’n simbool van bouwerk.
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Gereformeerde kerk Vaalwater, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.