George Best

George Best (* 22 Mei 1946 in Belfast; † 25 November 2005 in Londen) was 'n Noord-Ierse professionele sokkerspeler wat as buitespeler vir die Engelse sokkerklub Manchester United en die nasionale sokkerspan van Noord-Ierland gespeel het.

In 1968 het hy die UEFA Champions League met Manchester United gewen en is as die Europese Sokkerspeler van die Jaar en FWA-sokkerspeler van die Jaar aangewys. Die Irish Football Association het na Best verwys as die "grootste speler wat ooit die groen trui van Noord-Ierland gedra het".

George Best
George Best
George Best in 1976
Persoonlike inligting
GeboortenaamGeorge Best
Gebore(1946-05-22)22 Mei 1946
GeboorteplekBelfast, Noord-Ierland
Oorlede25 November 2005 (op 59)
Plek oorledeLonden, Engeland
Lengte1,75 m
SpeelposisieVleuel/Aanvallende middelveldspeler
Jeugloopbaan
1961–1963Manchester United
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1963–1974Manchester United361(137)
1974→ Jewish Guild (leen)5(1)
1974→ Dunstable Town (leen)0(0)
1975Stockport County3(2)
1975–1976Cork Celtic3(0)
1976Los Angeles Aztecs23(15)
1976–1977Fulham42(8)
1977–1978Los Angeles Aztecs32(12)
1978–1979Fort Lauderdale Strikers28(6)
1979–1980Hibernian17(3)
1980–1981San Jose Earthquakes56(21)
1980–1982San Jose Earthquakes21(33)
1982Sea Bee2(0)
1982Hongkong Rangers1(0)
1983Bournemouth5(0)
1983Brisbane Lions4(0)
1983Osborne Park Galeb1(1)
1983Nuneaton Borough3(1)
1984Tobermore United4(6)
Totaal604(239)
Nasionale span
1964–1977Noord-Ierland37(9)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).
George Best
Muurskildery in Woodstock Road, East Belfast
George Best
Een van Belfast se twee lughawens, Belfast City Airport, dra die sokkerster se naam
George Best
'n Bombardier Dash 8-Q402-straler van die Britse lugredery flybe op Manchester-lughawe

Best, wat in die Cregagh Estate in die suidooste van Belfast as seun van 'n skeepswerfarbeider gebore en ook daar grootgemaak is, het sy klubloopbaan met Manchester United in Engeland begin nadat hy op vyftienjarige leeftyd die aandag van 'n talentsoeker getrek het. Dié het 'n telegram aan die sokkerklub se bestuurder, Matt Busby, gestuur met die woorde: "I think I've found you a genius."

Nadat hy sy debuut vir United op sewentienjarige leeftyd gemaak het, het Best oor 'n tydperk van elf jaar 179 doele in 470 wedstryde aangeteken wat van hom die klub se beste ligaspeler in vyf opeenvolgende seisoene gemaak het.

Ná sy ontydige afsterwe in 2005 - George Best het 'n lang stryd teen alkoholisme gevoer - is Belfast City Airport ter geleentheid van sy 60ste verjaardag hernoem na George Best Belfast City Airport. Die voormalige Scottish Mutual-gebou in Donegall Square South in Belfast se middestad is as 'n luukse hotel herontwikkel wat die naam The George Best Hotel dra. Die hotel is op 22 Oktober 2018 geopen.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

1946200522 Mei25 NovemberBelfastLondenManchester UnitedNoord-IerlandSokkerUEFA Champions League

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Jesus van NasaretLys van medisinale kruieHolocaustKalsiumMartin Luther King jr.TuberkuloseDirekte en Indirekte redeSuid-Afrikaanse InkomstediensChemiese elementSkaapAfkortingLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaNeo-NazismeAntieke EgipteHipoteseLikkewaanLuiperdVoedingArmoedeverligtingUnited Democratic FrontPussy RiotSuikersiekteWitbloedselGalileo GalileiTrappe van vergelykingOrgasmeLiewe HeksieGriekse teaterMenseregtedagKweekhuiseffekUniversele Verklaring van MenseregteEkonomieLys van Suid-Afrikaanse musikanteKomplementêre kleureEkonomiese geskiedenis van Suid-AfrikaBeesvleisShanzhaiSamestellende afleidingDemokrasieGrootste rampe in Suid-AfrikaAnilingusShakaKleurKongo-krisisArmoedeTsoenamiAfro-AmerikanersSosiale mediaGroot vyfBruto binnelandse produkLys van myne in Suid-AfrikaThys die BosveldklongMonopolieTweede WêreldoorlogLewerLys van openbare vakansiedae in Suid-AfrikaGeskiedenis van Suid-AfrikaPerdGeldCleopatra VIING gemeente MurraysburgBeroerteBiodiversiteitProvinsies van Suid-AfrikaGautengBeeldspraakMondSkildklierAtlantiese OseaanAkademiaEkonomiese kwessies in Suid-AfrikaKrugerwildtuin🡆 More