Geminides

Die Geminides is ’n meteoorreën wat deur die voorwerp 3200 Phaethon veroorsaak word; dit is vermoedelik ’n Pallas-asteroïde met ’n rotskomeetwentelbaan.

Die Geminides en Quadrantides is die enigste meteoorreëns wat nie deur ’n komeet veroorsaak word nie. Die meteore van dié reën beweeg stadig en kan in Desember gesien word – die hoogtepunt is die oggend van 14 Desember. Die reën word blykbaar elke jaar intenser en tydens onlangse voorvalle is 120 tot 160 meteore per uur waargeneem onder die beste sigtoestande, gewoonlik omstreeks 02:00 tot 03:00. Die Geminides is in 1862 die eerste keer waargeneem – baie meer onlangs as ander meteoorreëns soos die Perseïdes (36 n.C.) en Leonides (902 n.C.).

Geminides
Die Geminides soos gesien in die Noordelike Halfrond.
Die Geminides soos gesien in die Noordelike Halfrond.
Ontdekking  1862
Moederliggaam  3200 Phaethon
Uitstralingspunt
Sterrebeeld  Tweeling (naby die ster Castor)
Regte klimming  07h 28m
Deklinasie  +32°
Eienskappe
Voorkoms  7–17 Desember
Hoogtepunt  14 Desember
Spoed  35 km/s
Sterre per uur  75+

Uitstralingspunt

Die Geminides lyk of hulle van ’n sentrale punt in die sterrebeeld Tweeling kom, vandaar hul naam. Hulle kan egter op enige plek aan die hemelruim voorkom en lyk dikwels gelerig. Noord van die ewenaar styg die uitstralingspunt net voor sonsopkoms. In die Suidelike Halfrond word die uitstralingspunt eers omtrent middernag sigbaar. In die Noordelike Halfrond kan meer meteore gesien word omdat die uitstralingspunt hoër in die lug is. Die meteore beweeg teen ’n gemiddelde spoed in vergelyking met dié van ander reëns, sowat 35 km per sekonde, en hulle is dus maklik om te sien. Die Geminides word nou deur baie beskou as die mees konsekwente en aktiefste jaarlikse meteoorreën. Geminides disintegreer op ’n hoogte van sowat 38 km of meer.

Bekende Geminides

Geminides 
Die asteroïde 3200 Phaethon, die moederliggaam van die Geminides, soos afgeneem op 25 Desember 2010 met die F14-Cassegrain-teleskoop van 37 cm by die Winer-sterrewag in Sonoita, Arizona.
Jaar Aktief Hoogtepunt Maksimum per uur Maanfase
2006 7–17 Desember 14 Desember 115 33% afnemend
2007 15 Desember 122 28% groeiend
2008 14 Desember 139 96% vol
2009 13 Desember 120 10% donker
2010 7–17 Desember 14 Desember 127 57% eerste kwartier
2011 14 Desember 198 86% afnemende bolmaan
2012 4–17 Desember 13–14 Desember 109 1% donker
2013 14–17 Desember 14 Desember 134 91% vol
2014 4–17 Desember 14 Desember 253 50% laaste kwartier

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Geminides UitstralingspuntGeminides Bekende Geminides VerwysingsGeminides Eksterne skakelsGeminides3200 PhaethonKomeetLeonidesPerseïdesQuadrantidesRotskomeet

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AlliterasieSosiale mediaLimpopo (rivier)Politieke partyRussiese inval in Oekraïne sedert 2022LongRassisme in AfrikaHandwoordeboek van die Afrikaanse TaalIngenieursweseMahatma GandhiMynbouRenaissanceGreta ThunbergSpinnekopKongo-krisisArmoedeverligtingGroepsgebiedewetSekondêre sektor van die ekonomieJeuksiekteKultuurGoogle TranslateVerenigde KoninkrykWeer (meteorologie)Klem-in-die-kaakWiki CommonsWinterDonkieDysselsdorpHaaieLenteAvbobKunsmatige algemene intelligensiePeriodieke tabelTydMantisChemiese elementHartversakingMandalaMangelontstekingWerkersdagJazzIngrid JonkerAkuutVersamelnaamOligopolieLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOsoonlaagNarsistiese persoonlikheidsteuringKasteel die Goeie HoopMierDwelmmiddelAkkedisVoegwoordWetenskaplike klassifikasieLewerHindoeïsmeIsraelTsoenamiViëtnamoorlogLiewe HeksieMadison IvyDroom24 AprilOmgewingskwessies in Suider-AfrikaOntbossingAnglisismeXHTMLLimfvatstelselLys van Griekse mitologiese figureWinnie Madikizela-MandelaMetaalAgtervoegselSleutel (musiek)Olimpiese Spele🡆 More