Gameet

   Hierdie artikel behoort versmelt te word met Geslagsel.Maak seker om die inhoud te skuif na die bladsy wat reeds aan Wikidata gekoppel is!Indien altwee gekoppel is, sien hier.

’n Gameet (van die Antieke Griekse γαμετή gamete, "vrou") is by organismes wat seksueel voortplant, ’n sel wat tydens bevrugting met ’n ander sel verenig. In spesies wat twee morfologies verskillende soorte gamete vervaardig en waarin elke individu net een soort vervaardig, vervaardig ’n vroulike organisme die grootste gameet – die eiersel (of ovum) – en die manlike organisme die kleiner paddavisagtige gameet – die spermsel. Dit is ’n voorbeeld van anisogamie of heterogamie, wanneer die manlike en vroulike individue gamete van verskillende groottes vervaardig, soos by die mens (die menslike eiersel is sowat 100 000 keer so groot soos die manlike spermsel). By isogamie is die manlike en vroulike gamete ewe groot en het hulle dieselfde vorm.

Gameet
Twee menslike gamete verenig vir bevrugting.

Elke gameet bevat die helfte van die genetiese inligting van ’n individu, een ploïed van elke soort, en word geskep deur meiose. Die term "gameet" is deur die Oostenrykse bioloog Gregor Mendel geskep.

Gamete vs. liggaamselle

Anders as gamete, bevat die diploïede liggaamselle van ’n individu een kopie van die spermsel se chromosoomstel en een kopie van die eiersel se chromosoomstel; dus het die liggaamselle van kinders gene met eienskappe van beide die vader en moeder.

’n Gameet se chromosome is nie presiese duplikate van enige van die chromosoomstelle wat in die diploïede chromosome voorkom nie, en hulle ondergaan dikwels lukrake mutasies, wat gewysigde DNS tot gevolg kan hê.

Plante

Plante wat seksueel voortplant, het ook gamete. Omdat plante ’n wisseling van diploïede en haploïede generasies het, is daar verskille. In blomplante gebruik die blomme meiose om ’n haploïede generasie te vervaardig wat gamete deur mitose vervaardig. Die vroulike haploïed word ’n saadknop genoem en word vervaardig deur die blom se vrugbeginsel. Wanneer dit ryp is, vervaardig die haploïede vrugbeginsel die vroulike gamete wat gereed is vir bevrugting. Die manlike haploïed is stuifmeel en word deur die helmknop vervaardig. Wanneer die stuifmeel op die ryp stempel van ’n blom beland, groei dit ’n stuifmeelbuis in die blom in af. Die haploïede stuifmeel vervaardig dan sperma deur mitose en stel hulle vry vir bevrugting.

Geslagsbepaling by mense en voëls

By mense kan ’n normale vroulike eiersel net ’n X-chromosoom bevat en nie ’n Y-chromosoom nie, terwyl die manlike spermselle enigeen van die twee kan bevat. Daarom bepaal die manlike spermsel die geslag van die sigoot; as die sigoot twee X-chromosome bevat, sal dit in ’n dogter ontwikkel, en as dit ’n X- en ’n Y-chromosoom bevat, sal dit in ’n seun ontwikkel.

By voëls bepaal die eiersel die geslag.

Kunsmatige gamete

Kunsmatige gamete is gamete wat van stamselle verkry word. Navorsing toon kunsmatige gamete kan dalk ’n voortplantingstegniek vir selfdegeslagpaartjies word, hoewel ’n surrogaatma steeds nodig sal wees vir die swangerskap. Vroue wat verby hul menopouse is, sal ook eiers kan vervaardig en geneties verwante kinders kan hê danksy kunsmatige gamete.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Gameet Gamete vs. liggaamselleGameet PlanteGameet Geslagsbepaling by mense en voëlsGameet Kunsmatige gameteGameet VerwysingsGameet Eksterne skakelsGameetGeslagselWikipedia:Duplikaatartikels

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

Olimpiese Somerspele 2024BloedsomloopstelselMynbouHannes van WykVoorsetselPornografieAngssteuringIdioomArmoedeMiddelmisbruikEskomSuid-Afrikaanse etniese groepe en kultureVoornaamwoordGrondsoorteStereotipeMigrasie van voëlsLeonardo da VinciElana AfrikaJohannes MeintjesNiemetaalOmtrek, oppervlakte en volumeLys van Suid-Afrikaanse kunstenaarsOrale seksNatriumtiosulfaatDigtheidWolkLys van myne in Suid-AfrikaDemokrasieMuskietDwelmmiddelFotosinteseWaterEendbekdierSosiale mediaApostoliese GeloofsendingBeroerteTweede VryheidsoorlogCurly HowardSlimfoonKankerMonumentJan van RiebeeckMielieRuimteGedigSlag van BloedrivierKoorsNeo-NazismeTsoenamiVerenigde State van AmerikaVoyeurismeToestand van materieGasLys van veltoestandeWerkersdagBiodiversiteitSanskritSimboolMensPastoorLeierskapJaco JacobsHipoteseAtleetvoetOmgewingskwessies in Suider-AfrikaGroepsgebiedewetBelastingBruto binnelandse produkKaliumRekeningkundeLetterkundeWerkloosheidDramaKernoorlogGetalDigitale en analogiese tyd🡆 More