Eiersel

’n Eiersel, of ovum, is die vroulike voortplantingsel (gameet).

Dit kan meestal nie beweeg nie en is baie groter as die beweeglike spermsel (dit is met die blote oog sigbaar). Wanneer ’n spermsel ’n eiersel bevrug, word ’n diploïed (die sigoot) gevorm, wat vinnig tot ’n nuwe organisme ontwikkel.

Eiersel
Diagram van ’n menslike eiersel.
Eiersel
’n Spermsel bevrug ’n eiersel.

Diere

By diere is die eiersel ook bekend as ’n ovum (meervoud: ovums of ova). Dit is Latyn vir "eier" of "eiersel". By gewerweldes word eierselle vervaardig deur vroulike voortplantingskliere wat die eierstokke genoem word. ’n Paar eierselle is by soogdiere by geboorte reeds aanwesig en word deur oögenese ryp. White et al. keur die lank bestaande leerstelling af dat al die eierselle voor geboorte vervaardig word. Die span van die Vincentsentrum vir Voortplantingsbiologie, Massachusetts, in Boston het gewys oösietvorming vind plaas in die eierstokke van vroue van vrugbare ouderdomme. (Oösiete is vroulike geslagselle wat 'n eiersel vorm.) Hierdie verslag weerspreek ’n basiese geloof sedert die 1950's dat vroulike soogdiere gebore word met ’n sekere voorraad eierselle wat deur die jare afneem en teen die menopouse op is.

Soogdiere

By alle soogdiere, ook die mens, word die eiersel in die liggaam bevrug. Die menslike eierselle ontstaan uit primitiewe kiemselle in die eierstokke. Dit is die grootste selle in die menslike liggaam en sonder die gebruik van ’n mikroskoop sigbaar. Dit het ’n deursnee van sowat 0,1 mm.

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Eiersel DiereEiersel VerwysingsEiersel Eksterne skakelsEierselDiploïedGameetOrganismeSigootSpermselVoortplanting

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

HeelgetalJagluiperdDesimale breukeBoelieryReënspinnekopOutismeVincent van GoghAB de VilliersSeksismeBruin huisslangSaartjie BaartmanWoordeboek van die Afrikaanse TaalWapen van Suid-AfrikaLys van Nasionale Simbole van Suid-AfrikaGevolge van aardverwarming op oseaneHeks van HexrivierWoestynVolstruisPerdKoos du PlessisNatriumsulfietTsoenamiBorskankerFranse Rewolusie3D-rolprentSteenkool in Suid-AfrikaTurkyeLys van slangeLys van hoofstedeCarles PuigdemontSweedsSpelerposisies in rugbyVarkRobert SobukweSwartrenosterNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaGroot-VisrivierBreinkaartCradock-4VoortrekkermonumentLionel MessiDramaAvbobGeldKappie (skryfteken)KrugerwildtuinYsterBeëdigde verklaringRenaissanceLenteWolfSuurreënWaterAndrew DavisNic de JagerVaste stofPiesangPablo PicassoLys van Suid-Afrikaanse skrywersJohannesburgKookpuntBronadresAbstraksie (rekenaarwetenskap)Martin Luther King jr.KinderregteNG gemeente JansenvilleSean CombsMotGetalMeervoudArmoedeverligtingXenofobieBeeldspraakBesoedelingGesonde dieetGeslagsgelykheidSeilvaart🡆 More