Gaborone: Hoofstad van Botswana

Gaborone (Gaberones tot 1969; Tswana: ; Engels: ) is die hoofstad en grootste stad van Botswana.

Dié stad het 'n bevolking van 231 626 in 2011 gehad (10% van Botswana se bevolking) en beslaan 'n oppervlakte van 169 km². Die stad is in 1964 as beplande stad gestig en dié stad se eerste burgemeester was J. D. Jones. Dit is na Kgosi Gaborone, 'n Botswana-hoofman, genoem.

Gaborone
Gaborone: Fotogalery, Susterstede, Verwysings

Kaart Wapen
Gaborone: Fotogalery, Susterstede, Verwysings
Gaborone: Fotogalery, Susterstede, Verwysings
Vlag
Gaborone: Fotogalery, Susterstede, Verwysings
 Land Vlag van Botswana Botswana
 Distrik Gaborone
 Koördinate 24°40′S 25°55′O / 24.667°S 25.917°O / -24.667; 25.917
 Stigting 1964
 Oppervlakte:  
 - Totaal 169 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 014 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2011) 231 626
 - Bevolkingsdigtheid 1 400/vk km
 Tydsone UTC+2
 Burgemeester Haskins Nkaigwa
Gaborone: Fotogalery, Susterstede, Verwysings
J. D. Jones, die eerste burgemeester van Gaberones

In 1890 het Cecil John Rhodes Gaberones gekies om 'n koloniale fort te huisves. In die fort het Cecil John Rhodes die Jameson-inval beplan.

In 1965 is die hoofstad van die Betsjoeanaland-protektoraat van Mafeking ná Gaberones verskuif. Oorspronklik is Lobatse as nuwe hoofstad vir 'n onafhanklike Botswana voorgestel, maar weens sy nabyheid aan 'n varswaterbron, sy ligging aan die spoorlyn na Pretoria, sy sentrale ligging tussen die plaaslike stamme en sy gebrek aan assosiasie met die omliggende stamme is Gaborone as hoofstad gekies. Die stad se naam is in 1969 van Gaberones tot Gaborone verander.

Gaborone dien as politieke en ekonomiese hoofstad van Botswana met talle maatskappye wat hul setels in die stad het. Die Botswana-aandelebeurs is hier geleë. Dit vorm sy eie distrik, maar dien ook as hoofstad van die omliggende Suidoosdistrik. In dié stad is die parlement van Botswana en dié land se belangrikste lughawe, die Sir Seretse Khama Internasionale Lughawe, geleë. Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se hoofkwartier is ook hier geleë.

Gaborone is in die suidooste van Botswana aan die Notwanerivier sowat 15 km noordwes van die grens tussen Suid-Afrika en Botswana geleë. Die plaaslike bevolking verwys dikwels na die stad as Gabs. Naas Setswana en Engels, Botswana se twee amptelike tale, word in Gaborone nog ander tale soos Kalanga en Kgalagadi gebesig.

Fotogalery

Susterstede

Verwysings

Eksterne skakels

Tags:

Gaborone FotogaleryGaborone SusterstedeGaborone VerwysingsGaborone Eksterne skakelsGaboroneBotswanaEngelsHoofstadKgosiTswana

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

SuiwelprodukSiekteJan van TonderNommertekenHeidelberg, GautengBorskankerHondNamibwoestynNederlandsTamatieLeonardo da VinciKonjunktivitisIndiëHaasPornhubXhosaTweede VryheidsoorlogHoofpynMonopolieMorfologie (taalkunde)Geskiedenis (vakgebied)Spelerposisies in rugbyAluminiumKlem-in-die-kaakVioolWisselkoersKultuurFranse RewolusieReënLys van politieke partye in Suid-AfrikaAgtervoegselApokriewe boekeLiefdeHemelvaartJodeEweknienetwerkBurgerregteAmhariesHartSendelingposisieErosietipesJeuksiekteAngolaHoenderWortelAardverwarmingJaco JacobsOseaanKinderregtePapierMidde-OosteGesondheidLys van Afrikaanse televisiereekseGreen PornoPrimêre sektor van die ekonomieTwaalf Stamme van IsraelMetafoorIndustriële RevolusieSirkusDrinkwatervoorsieningAngina pectorisGeslagsgelykheidBybelHindoeïsmeVaalrivierJoodse kalenderDoopEiffeltoringWoestynPersentasieDelft, KaapstadGroepsdrukKoorsblaarFinale OplossingLyfstraf in skole🡆 More