Fourie Botha

Fourie Botha is ’n uitgewer en Afrikaanse digter.

Lewe en werk

Fourie Botha word groot in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-Bosveld duskant Gaborone. Aan die Universiteit van Pretoria studeer hy Uitgewerswese en Engels en gee vir ’n paar jaar opvoedkundige boeke uit. In 2008 voltooi hy ’n meestersgraad in Engelse letterkunde en skryf daarna by die Universiteit van Kaapstad in vir ’n meestersgraad in Kreatiewe Skryfwerk onder Joan Hambidge. In 2008 sluit hy as redakteur van die Umuzi-drukmerk by die uitgewershuis Penguin Random House in Kaapstad aan. Tans is hy die uitgewer van plaaslike fiksie vir Penguin Random House. Hy woon in Kaapstad.

Skryfwerk

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundel “Nuwe stemme 4”, waarna hy debuteer met die digbundel “Donkerkamer”. Die gedigte in hierdie bundel is tegnies goed versorg en afgerond. Die titel van die bundel verwys na die plek waar foto’s en afdrukke (indrukke) ontwikkel word, maar betrek ook die donker kamer wat in gay klubs aangetref word en die homoseksuele seksualiteit beklemtoon. Die gay-subkultuur oorheers dan ook die bundel, waarbinne drie afdelings (“Bedgebied”, “Skoot” en “Roberts Birds”), verse gebundel word oor onder andere die homo-erotiek, beroemde kunswerke en kunstenaars met homo-erotiese verbintenisse, en die jeugervarings. Die gedigte sluit aan by veral die werk van Johann de Lange, wat dan ook in sommige van die gedigte intertekstueel betrek word. Interessant is die gebruik van illustrasies en gedigte daarby, waar beeld en gedig nie langs mekaar nie maar op verskillende bladsye afgedruk word en die leser sodoende dwing om met noukeuriger aandag die verbande tussen beeld en gedig te probeer identifiseer. “Ombalantu” is so ’n beeldgedig, gebaseer op ’n foto van twee soldate wat skynbaar ongestoord kyk na ’n verkoolde lyk op ’n draagbaar.Die spreker is eroties aangetrokke tot die soldate, waardeur die teenwoordigheid van die lyk ook skending en geweld uitbeeld en so hierdie eienskappe by die erotiek betrek. “Donkerkamer” is in 2013 op die kortlys vir die toekenning van die Ingrid Jonkerprys. In 2017 verskyn 'n tweede bundel, Krap uit die see.

Publikasies

Jaar Publikasies
2011 Donkerkamer
2017 Krap uit die see

Bronnelys

Tydskrifte en koerante

  • Rautenbach, Elmari “As jy pa staan vir boeke” “Beeld” 20 November 2015

Internet

Resensie

Tags:

Fourie Botha Lewe en werkFourie Botha SkryfwerkFourie Botha PublikasiesFourie Botha BronnelysFourie BothaAfrikaansDigter

🔥 Trending searches on Wiki Afrikaans:

AalwynLys van politieke partye in Suid-AfrikaMantisDroomWortelReële getalDemokrasieSkoonma-se-tongRadioBeesSmall HandsMobutu Sese SekoKunsDoopMilitêrVigsIdioomKaliumMongoliëPtolemeusHugenootLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)AkuutPolisieChristo WieseTheuns JordaanLys van Suider-Afrikaanse soogdiereSpringsGeelstertGert van TonderNaaktheidTurksvyURIPalmsondagTuisbladHokkieSerge DassaultJada FireHTMLHongkongBulgarye16 NovemberSuid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1989NardusBloedvergiftigingMiddeloorontstekingVyfsterGotenburgLongontstekingPG du PlessisPubiese hareKookkunsWhitey BassonAustraliëGoogle TranslateWikimedia-stigtingWaldemar SchultzComrades-maratonLys van slangeFredi NestEuropaGroote SchuurAfrikaansSpelerposisies in rugbyNagapieWerkwoordErektiele disfunksieHoofpynAmhariesOorkruipersSwartbewussynsbewegingSpinnekopBoomEmily Hobhouse🡆 More