Fillosilikate (vanaf die Grieks φύλλον phyllon, blaar), vorm parallelle velle (blaaie) van silikaattetraëders.
Hierdie tetraëders vorm 'n 2-dimensionele raamwerk, waar die individuele tetraëders met mekaar verbind is. In hierdie 2-dimensionele raamwerk of vel, is die bindings tussen die tetraëders sterk, maar die bindings tussen die verskillende velle is swak, aangesien die SiO tetraëders nie tussen velle met mekaar verbind is nie. Die Si:O verhouding is 2:5.
Nickel–Strunz-klassifikasie: 09.E. Alle fillosilikate is gehidreer met of water of hidroksielgroepe aangeheg.
Silikate Nesosilikaat -- Inosilikaat -- Sorosilikaat -- Siklosilikaat -- Tektosilikaat -- Filosilikaat |
This article uses material from the Wikipedia Afrikaans article Fillosilikaat, which is released under the Creative Commons Attribution-ShareAlike 3.0 license ("CC BY-SA 3.0"); additional terms may apply (view authors). Inhoud is onderhewig aan CC BY-SA 4.0, tensy anders vermeld. Images, videos and audio are available under their respective licenses.
®Wikipedia is a registered trademark of the Wiki Foundation, Inc. Wiki Afrikaans (DUHOCTRUNGQUOC.VN) is an independent company and has no affiliation with Wiki Foundation.